"My fluisterskree" deur JL van der Walt

  • 0

Ek het 'n kruis wat stewig staan
Ek het genesing deur jou gewaar
Met afgewaterde gebede
Verwag ek nog die vrede

Van alles kras
En onbeskof
Na alles vars
En oop gestof

Lê jy nog veraltyd
Lê jy nog aleen
Herhinder my net daagliks van jou eersgebore seun

Met kwesbare harte
Het ons niks meer om te gee
Ons huil net sagter met 'n fluisterskree

Ek wou net altyd 'n gewone held wees
Maar hoe?
Ongewapen teen 'n groter gees
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top