Meditasie, siekte

  • 0

Daar bestaan geen skeduleringstatus
of teen newe-effekte: ’n waarskuwing.
Spesiale voorsorgmaatreëls, beslis.
Bekende simptome is slapeloosheid
en ’n soeke via ander na genesing.
Geen eis teen erge stylfrappanthede
of onder 25 grade Celsius-berging.
Dosering? Geen kritiese eensgesindheid
hieroor, behalwe dalk ’n aanwysing:
“Ernstige interaksies is al uitgewys,
waar digters té veel slim interdinge
onverwerk én klakkeloos só opdis
of wag vir ’n leser, allesbegrypend.
Geen heling ooit gewaarborg, dus.”

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top