Meditasie, ’n Aubade?

  • 0

Eers die wekker, dan die SMS’e,
die wasmasjien laai en koffiemasjien aanskakel,
’n film plaas in die buik van die DVD-speler,
badwater aandraai, dan die oefenfiets bestyg.
Krane toedraai, koffie skink,
’n film met onderskrifte bekyk:
You only live twice.
Dis voedoe en Jane Seymour.
Tobbend aan ’n reël “sleep’s faded papier-mâché”
van ’n digter in ’n ander ruimte,
wonder ek, terwyl James Bond
alles eenvoudig moeiteloos vermag,
as jy nie oor die idee, maar nét die ding
alleen moet skryf,
wát op godsaarde het ’n wekker,
selfoon, was- en koffiemasjien,
of ’n stofsuier, DVD-speler en oefenfiets
uiteindelik met digterlike brekfiseiers
oor eensaamheid en roetine te make
en ’n duifie wat digterby koer: "Carpe-diem-carpe-diem"?
Die gedig woeker met ’n tese-antitese-struktuur
waarvan die sintese, helaas, uitbly.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top