Martin Bossenbroek se De Boerenoorlog wen die Libris-geskiedenisprys

  • 0

Martin Bossenbroek het op 20 Oktober die Libris-geskiedenisprys vir sy boek De Boerenoorlog gewen. Die paneel van beoordelaars het die boek beskryf as “origineel, meeslepend en uitmuntend geschreven”. Die jurievoorsitter, Nout Wellink, het die prys vir die beste historiese boek van 2013 aan Martin Bossenbroek oorhandig tydens ‘n lewende uitsending van die radioprogram OVT. Hierdie jaar het 326 boeke meegeding om die gesogte prys, wat 20 000 euro werd is – meer as R250 000. 

Die beoordelaars was baie ingenome met Martin Bossenbroek se keuse om die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog (1898–1901) te vertel vanuit die standpunt van drie verskillende hoofpersone: ‘n Brit, ‘n Nederlander en ’n Suid-Afrikaner. “Bossenbroek heeft een bijna oubollig onderwerp opgefrist en een leerzaam boek geschreven voor de lezer van nu. Het geeft inzicht in diplomatieke bewegingen op hoog niveau en in de verwantschap en de emotionele band tussen Nederland en Zuid-Afrika. Zo helpt het boek om huidige veranderingen en gevoeligheden te begrijpen. Bossenbroek slaagt er ogenschijnlijk moeiteloos in de lezer te verplaatsen naar een andere tijd. Dat maakt De Boerenoorlog bijna een epos.”

Martin Bossenbroek is ‘n historikus verbonde aan die Universiteit Utrecht. Hy is die skrywer van klassiek-geworde boeke soos Holland op zijn Breedst en De Meelstreep. Vir sy ondersoek het Bossenbroek baie navorsing gedoen in die argief van die Zuid-Afrika Huis in Amsterdam.

Lees die rede wat Ena Jansen ’n jaar gelede gehou het tydens die bekendstelling van Bossenbroek se boek by Spui 25 in Amsterdam hier.

Sien ’n uittreksel uit die boek en ’n onderhoud met Bossenbroek hier.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top