Lucian Freud (1922 - 2011)

  • 0

(1922 – 2011)

Iesegrimmige Lucian
bewys waar ego is, sal id uitkom.
Elke skildery laat hierdie woorde sappig
in haakse portrette uitmond.
“Ek is my kuns en omgewing,” grom
hy aan ’n kritikus, ”en ja verdomp,
ek sal maak nes ek wil: die model
gaan immers nie lángs die portret hang!”
Vlesig en vet sý groteske Olympia.
“Ek doen net wat ek nie kan vertel.”
So wat was die obsessie dan, meneer Freud?
Dalk presies dit waaroor jou grootvader broei? 
Dat woede eintlik niks anders is as melancholia?

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top