Los Angeles, ’n meditasie

  • 0


Los Angeles, ’n meditasie

Soos ’n spoorsnyer in die digte bos snuffelend
aan klein tekens stap ek in hierdie stad verby
’n hotel waar ek as jongeling met ’n leerbaadjie vertoef.
Hollywood en al die klatergoud het toe bekoor.
James Dean en Marilyn Monroe my gode.
Sien die modelle vir Jaws en vele rillerfilms.
“Framing the sign”, aldus Culler en ek, die woordsnyer
wandel verby die handtekeninge in sement.
Dean en Monroe is vort, maar lewe steeds;
nes die mens wat ek was: selfgerig, vreesloos
en ja, voortvlugtend oor pynlike insidente én verlies:
die herinneringe, bloedig, maak steeds jag op my.
Die teken as teiken? Alles hier vir die semioot.
My hotel die Wilshire Grand word later vanjaar gesloop.
Leser, wees haar genadig, sy was in wese weerloos.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top