Eindstryd is die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en ’n paar uitgesoekte Afrikaners in die onstuimige tagtigerjare, vir die eerste keer vertel deur iemand wat self daar was: Willie Esterhuyse. Dié vertroulike gesprekke in Engeland was nie net deurslaggewend in die begin van onderhandelinge nie, dit was ook die begin van ’n onwaarskynlike maar durende vriendskap tussen ’n Stellenbosse professor uit die Afrikaner-binnekring en ’n vurige jong aktivis en latere president.
Esterhuyse bied ’n vars, soms onthutsende blik op dié fassinerende verhaal: van geheime tronkgesprekke met Nelson Mandela tot wát gesê is in PW Botha se situasiekamer en hoe Nasionale Intelligensie Suid-Afrika van grootskaalse geweld probeer red het deur in in te gryp in die skaakspel tussen die“vyande”.
Koop Eindstryd: Geheime gesprekke en die einde van Apartheid nou by Kalahari.com


