Wat het Kerneels Breytenbach, Joan Hambidge en Danie Marais gemeen? Hulle is almal uitstekende resensente. Jo Prins gesels met hulle oor die taak van die resensent. (Volksblad)
Schalk Schoombie, Riette Rust, Neil Cochrane en Annemarié van Niekerk is van die resensente wat onlangs in Boekenuus verskyn het. Lees vir 'n slag wat LitNet se Crito van hulle resensievaardighede dink. (LitNet blogs)
Louis Esterhuizen vra : “Is die digkuns gestorwe?” (Versindaba)
As jy 'n aanhanger van die Chocolat-skrywer, Joanne Harris, is, moet jy haar nuwe roman, Peaches for Monsieur Le Curé, lees. Die verhaal speel ook in die Chocolat-dorpie, Lansquenet-sous-Tannes, af. Tessa Purdon resenseer die boek. (Women24)
Het jy geweet Edgar Allen Poe het gedobbel om sy universiteitsrekening te betaal? Literary Rogues: A Scandalous History of Wayward Authors is ’n boek vol interessante stories oor skrywers se skandes en vreemde stories. (npr.org)
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

