LitNet-leeskeuses: Maandag 18 Februarie 2013

  • 0

“Bosman het geweet waarvan hy praat toe hy sy voorkamerstories bestempel het as die beste werk wat hy gelewer het. Dit sê baie dat die vertellings (wat eers as ’n reeks in The Forum verskyn het) sedert 1971 nog nooit uit druk was nie,” skryf JB Roux. (Rapport)

Sophia van Taak resenseer die selfgepubliseerde wetenskapfiksie boek waaroor álmal praat. Hugh Howey se Wool was aanvanklik net ’n e-boek, maar is nou in sagteband beskikbaar. (Boeke24)

Moenie die Dansende Digtersfees op 10 en 11 Mei by die Spier-landgoed buite Stellenbosch misloop nie. Breyten Breytenbach, Antjie Krog, Petra Müller en Marlene van Niekerk gaan “die droom-aar in die liggaam van die samelewing” by hierdie geleentheid bespreek. (Boeke24)

Pride and Prejudice se 200ste-aandenking-jaar: Die New York Times se Sunday Book Review wys hulle gunsteling-Pride and Prejudice-omslae.

The Idea of the ANC deur Anthony Butler is verlede Donderdag by The Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Ronnie Kasrils, die voormalige minister van intelligensie, was daar om die gesprek te lei. (BooksLIVE)

 

Vrydag se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top