Die Dansende Digtersfees (op 10 en 11 Mei) word met groot afwagting by die Spier-landgoed buite Stellenbosch gehou. In ’n onderhoud met Breyten Breytenbach gesels hy oor die fees se “beskermengele” en die reuse van wêreldliteratuur wat die fees gaan bywoon. (Versindaba)
In sy jongste boek vra Brian D McLaren die groot vraag: Wat is Christen-wees in ’n multireligieuse wêreld? (Boeke24)
Vroeër vanjaar het Antjie Krog haar 60ste verjaardag gevier. Joan Hambidge resenseer 44 gedichten voor Antjie, ’n digbundel wat die Nederlanders ter viering van Krog se verjaardag saamgestel het. (Boeke24)
Daar is al meer as 75 boeke oor en deur die (voormalige) Pous gepubliseer. Met sy bedanking is daar glo ’n toenemende aanvraag vir sy ongepubliseerde titels, soos die eerste volume uit sy Jesus-reeks, Jesus of Nazareth: From the Baptism in the Jordan to the Transfiguration. (Beattie’s Book Blog)
Watter boek sou jy as die wenner van die Oddest Book Title of the Year-kompetisie kies? Goblinproofing One’s Chicken Coop;God’s Doodle: The Life and Times of the Penis; How to Sharpen Pencils; of How Tea Cosies Changed the World? (The Telegraph)
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

