LitNet Akademies (Skole): Bazoo leer kinders speel-speel natuurbewaring

  • 0

Skilpadjie op Tafelberg leer kinders van natuurbewaring!

Bazoo is ‘n skilpadjie wat op Tafelberg woon, en saam met sy vriende Dempies Dassie, Nala Naaldekoker, Zak die Slak en Spinnerina Spinnekop leer hy speel-speel vir kinders van natuurbewaring. 

Dit is waaroor die jongste kinder-CD’s met kinderstories uit skrywer Anna Emm se pen gaan. Hierdie keer het sy kragte saamgesnoer met die Bazoo opvoedkundige kleutertydskrif om twee CD’s met vyf lekkerluisterstories elk vry te stel. Die stories is voorgelees deur die bekende akteur Deon Lotz.

Die stories en karaktertjies is eg inheems. Bazoo woon in Fynbosstraat 5 teen die hange van Tafelberg. Hy ontmoet die bedreigde swart arend, help die spookpaddas wat nog net op Tafelberg voorkom, en maak vriende met ‘n Kaapse jakkals. Van die stories gaan ook oor die gevolge wat veldbrande, rommelstrooiing en droogte op die natuur het.

Met hierdie lekker stories kan kinders meer leer oor die belangrikheid van toerisme en bewaring van die natuur, asook dat elke diertjie – maak nie saak hoe klein nie – ‘n belangrike rol in die veld speel.

Anna Emm Productions het die afgelope paar jaar al meer as 800 nuwe kinderstories op CD vrygestel, en is tans die grootste vervaardiger van nuwe Afrikaanse stories in Suid-Afrika.

Bazoo CD 1 en CD 2 is tans beskikbaar by Anna Emm Productions teen R95 elk. 

Besoek www.AnnaEmm.co.za vir meer inligting oor Anna Emm Productions se produkte of kontak 021 911 5618.

 
Bazoo en Deon Lotz kuier saam

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top