| Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Jy weet
Op my planeet,
het ek van jou gedroom
maar vergeet.
Eroties aan die son
se strale met my hart gemeet ...
Om die stof van die maan gestap
in die krater gesit en aan die stiltes
geëet.
Die sterre soos appels
gepluk uit jou lag ...
'n oomblik gehuiwer.
Op die woorde
wat om ons bly dryf
gewag
afstand gemeet.
Deur die inknag getuimel
die swaartekrag van jou lyf
teen myne voel kleef
en geweet ...

