Kuberparingsdans

  • 0

iewers, aan die anderkant van dié woorde
is jy hopelik besig om aan my te dink
as iewers, aan die anderkant van jou woorde

ek lig my gat van hierdie stoel
en ek zoem, soos in google earth zoem ek
uit my alleen-verligte hokkie
soomloos oor die ruitnetwerk
van my huislike woonbuurt bestaan
benewelend glip ek oor die beboude grens
tot ‘n landskap van berge
waaragter jy skuil
in jou verligte hokkie
my lief van kuber-êrens

 

Wil jy deelneem aan ons poësie-kompetisie? Kliek hier vir meer informasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top