"Kougomjare" deur Elsabe Kruger

  • 0

Kougomjare

Die kougomkoujare van jonk wees
Baie lag, speel, onbevrees
Hartjies teken en gediggies skryf
Liefdesvlinders in die maag voel dryf

REFREIN:
Ure voor die spieël besluit
rokkie in of rokkie uit?
Krullebol of hare straight
Tog so amazing mooi vir my eerste date

Skoolrompie opgerol tot by die ontblote dui
hempie skelm uit onder die verslonste trui
Maskara en onderlaag skaars diskreet
weet ek dat ek elke skoolreël breek

Laaste giggelgryp na vrolikheid
binnekort die U-draai na grootmenswerklikheid

Die kougomkoujare van jonk wees
mal-verlief op die rugbyreus
Pappa kla en mamma kyf
ek hou maar my nekkie styf

REFREIN

Skreeu en spring langs die veld
paradeer ek boudjieswaaiend vir my held
Boeke eensaam in Vrydag se tas
naweekplanne noukeurig ingepas

Lui-lui die laatnag in
oor die lewe en liefde diep besin
Koppies, glase, borde vuil gesprei
terwyl musieknote die lug deur sny

Laaste giggelgryp na vrolikheid
binnekort die U-draai na grootmenswerklikheid

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top