Koos Kombuis by Die Boer

  • 0

Mense het my al so baie gevra: "Wat glo jy nou eintlik, Koos?", dat dit seker net 'n kwessie van tyd was voor ek hierdie ingewikkelde vraag deur my liedjies sou probeer beantwoord. Daarom dan dat ek nou met 'n hele handvol nuwe liedjies sit wat almal so effens van 'n "geestelike" tema het! Suiwer gospel is dit sekerlik nie. Maar ek hoop tog dit sal vir iemand, iewers, iets kan beteken. En vir die wat hulle nuuskierigheid nie kan beteul nie, Koos glo, onder andere, in 'n Vet Vrou, sy GPS, Donkies en Woestyne ...

Kom luister na hierdie nuwe liedjies van Koos, en natuurlik 'n paar ou gunstellinge, by die Boer in Durbanville, op 19 Junie 2013 om 20:00. 

Kaartjies R100.  Bespreek by 021 979 1911.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top