Ek bemerk in die kommentare dat Perdebytjie in haar agnostiese ‘wysheid’ die stelling maak dat min Christene weet waaroor die Konsilie van Nicea gegaan het en dat hulle haar kwansuis oopmond aangaap wanneer sy, in haar agnostiese spirituele botheid, hulle daarvan vertel. Sy beweer dat daardie stukkie moderne kerkgeskiedenis (let op – die post Niceense era het eers hier om en by 311 nC begin en tot so 600 nC geduur) kwansuis haar oë ‘oopgemaak’ het en haar laat besef dat sy kwansuis al die jare vir die gek gehou is – Nou ja, eintlik was sy mos nog altyd ’n spirituele gek wat net vir ’n verskoning, tyd en plek gewag het om te manifesteer. Insigloosheid en botheid soek mos altyd ’n sondebok om te belas.
Al wat gebeur het, is dat ’n Romeinse keiser, Konstantyn, keiser van die magtigste volk op aarde, met gebreke en al tot bekering en besinning gekom het van sy paganisme, juis in ’n tyd wat dit ’n vloekwoord was om as Christen gereken te word, én boonop sou jy straks daarvoor óf in die arena saam met wilde diere beland het, óf as lewende fakkel in die hartelose, paganistiese Romeinse hooggeplaaste se tuin moes sterf terwyl hy fuif, hoer en rumoer – Nero het mos graag só gemaak met Christene.
Dus, die politieke klimaat was álles behalwe gunstig vir Konstantyn om vir politieke redes tot bekering te kom – hy was juis betrokke by burgeroorlog met Maxentius se formidabele kohorte. Daar het hy tot bekering gekom, nadat die HERE aan hom verskyn het en vir hom aangedui het om die Chi-Rho op sy soldate se skilde aan te bring. Konstantyn het Maxentius se kohorte daarna vermorsel by die beroemde Tiber rivier. Dit was die einde van die burgeroorlog.
Toe, ná meer as drie eeue se afgryslike marteling, ontbering, vervolging en vernedering, triomfeer die Christelike Kerk, toe al meer as drie eeue oud en gevestig soos ’n rots deur loutering van die ergste graad deur, word die wêreld omgekeer deur die loutere Krag van hierdie ononderdrukbare ware Godsdiens – die Christendom van Jesus Christus die HERE. Net soos ’n Paulus wat eers die Christene gejag het soos diere om hulle aan die dood oor te gee, maar deur die Persoonlike verskyning van die HERE tot volkome inkeer gekom het, van vervolger tot dienaar, nét so met die magtige Romeinse pagan keiser, Konstantyn. Van pagan tot dienaar…
Hier is die waarheid, die feite:
“The reign of Constantine the Great marks the transition of the Christian religion from under persecution by the secular government to union with the same; the beginning of the state-church system. The Graeco-Roman heathenism, the most cultivated and powerful form of idolatry, which history knows, surrenders, after three hundred years’ struggle, to Christianity, and dies of incurable consumption, with the confession: Galilean, thou hast conquered! The ruler of the civilized world lays his crown at the feet of the crucified Jesus of Nazareth. The successor of Nero, Domitian, and Diocletian appears in the imperial purple at the council of Nice as protector of the church, and takes his golden throne at the nod of bishops, who still bear the scars of persecution. The despised sect, which, like its Founder in the days of His humiliation, had not where to lay its head, is raised to sovereign authority in the state, enters into the prerogatives of the pagan priesthood, grows rich and powerful, builds countless churches out of the stones of idol temples to the honor of Christ and his martyrs, employs the wisdom of Greece and Rome to vindicate the foolishness of the cross, exerts a molding power upon civil legislation, rules the national life, and leads off the history of the world.” – PHILIP SCHAFF, The History of the Christian Church.
Die konsilie van Nicea was maar ’n klein, klein skakeltjie in ’n geweldige ketting van magtige Godsdienstige gebeure – wat die wêreld verander deur God se Krag. Vergeet die onsinnige, insiglose snert wat agnostici probeer opdis oor die magtigste, wonderlikste, mees egte Godsdiens op aarde van álle tye – die Godsdiens van die Drie-enige God deur die Middelaar, HERE Jesus Christus, die Alpha en die Omega.
Wat ’n wonderlike God dien ons!
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobus,selfs toe ek "soos 'n kind" geglo het, het geen goddelikheid aan my verskyn nie. Moet nou nie weer beweer dat ek 'n gebrek aan spiritualiteit gehad het nie,want hoe kan iemand wat blindelings glo (soos ek daardie tyd) nie spiritueel genoeg wees om te kwalifiseer vir 'n goddelike besoek soos aan Konstantyn nie? Of reken jy God kon vooruit sien dat ek afvallig sou raak? Dan moes hy mos gepoog het om my te behou in sy kudde!
Ek se weer, min Christene doen werklik moeite om ondersoek in te stel na die oorsprong van die Bybel en weinig waag dit om enige iets anders te glo,as wat predikante hulle voer. Jy kan net luister na 'n gesprek tussen die mense, om agter te kom dat hulle nog nooit vir hulself gedink het nie.Doen self 'n steekproef en vra 'n paar gewone lidmate wat hulle weet van die Konsilie van Nicea. Jy sal dalk geskok wees.
Insigloosheid, waarvan jy my beskuldig "manifesteer" juis in jou aanvalle op mense wat van jou verskil.
Perdebytjie, ek het grotendeels ooreenstemming met jou. Waaroor ek wel wonder is dalk jou gedagte dat God se kudde eksklusief Protestant is. Menige welopgevoede Afrikaner beskou hulself as ateïste net omdat hulle nie meer deel wil wees van die Drie-susters nie. Miskien was my "arrogante" besoek aan die Kopte, Jode, Moslems, Roomses, Anglikaanse en Hindoes my behoud die dag toe ek myself buite die Calvinisme bevind het. Maar een ding weet ek en dit is dat geen Kobus de Klerk 'n hart uit die hand van ons Almagtige Lewende Skepper kan ruk nie (toegegee; Kobus se toenemende admirasie vir katolieke gee my vreug). Ek dink Afrikaners voel onnodig skuldig sodra hulle 'n preek deur kon wakker bly. Dis presies waarop gereformeerd geskoei is; glo aan die kerk en hul vertaling van die Bybel, of glo liewer niks. Intussen het God menige weg teen die berg op vir ons geskep. Ons mag miskien iemand aan hul dade ken; maar net God ken elkeen se bedoeling op hul weg. In hierdie Gees het ek geleer dat dit reg is om weg te stap sodra iets jou naaste verdag laat net omdat hulle anders glo; of nie glo nie. Perdebytjie, dit gaan jou goed. Namaste! Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde, Ekke
Die geskiedenis word altyd deur die wenner geskryf. Dit wat jy aanhaal van Philip Schaff wat skryf in die 19de eeu toe die Christen doktrines en geskiedenis nog nie onder die vergrootglas gekom het nie is 'n voorbeeld hiervan. Sou jy dit vandag aanbied vir oordeel aan geskiedkundiges, sal jy uitgelag word.
Perdebytjie is heeltemal reg om te wys na die konsilie van Nicea as 'n gebeurtenis wat demonstreer hoe ongoddelik die Christengeloof is. 'n Enkele groep uit vele ander, elk met hulle eie idee oor wie en wat Jesus was, wie en wat die God van Israel was en of hy aanbidding verdien, die bestaan van die Heilige Gees, ensovoorts, besluit waarin die kerk onder Konstantyn gaan glo.
In watter mate Konstantyn bekeer het tot die Christendom is 'n ope vraag. Op geen stadium hou hy op om die pagan-gelowe te ondersteun nie. Hy laat sy kop op munte verskyn waar hy duidelik geassosieer word met die Romeinse gode. Hy stel sy doop uit tot sy sterfbed wat wys dat hy, wat geloof betref, uiters opportunisties was deur al sy opsies oop te hou tot op die laaste.
Dan kla jy oor die vervolging van Christene. Oor en oor al het geskiedkundiges uitgewys dat hierdie "meer as drie eeue se afgryslike marteling, ontbering, vervolging en vernedering" weergawe van jou en ander Christene heeltemal oordryf is. En selfs al was dit nie, verdwyn dit tot nietigheid in vergelyking met die vervolging van pagans en Christen sektes wat verskil van die ondertekenaars van die konsilie van Nicea.
Perdebytjie,
Ek het ’n meer volledige brief oor jou kommentaar geskrywe, maar vir eers moet ek vir jou sê dat God nie aan alle mense op dieselfde manier verskyn nie. Dit is kenmerkend dat God aan mense soos Paulus en Konstantyn verskyn het, op die manier soos dit was, terwyl albei van hulle op hul tyd en plek direk betrokke was by die vervolging van die Christene én God het vir elk ’n nuwe lewe en opdrag en missie en bediening gehad, beide waarvan wêreld veranderende gevolge gehad het.
Maar die HERE is vir almal in die geruis van die aandwindjie in die stilte beskikbaar – as jy maar net die deur van jou siel sou wou open, maar in stede het jy het ’n houding soos ’n tiener dogter wat hard to get met haar kêrel wil speel – so asof jy God maar kan rondspeel en Hy agter jou moet aanhardloop? Ag nee, mens? Kom terug aarde toe… jy glo mos hoeka jy is stardust.
Die punt is dat die Christendom na meer as drie eeue teen die tyd van die eerste konsilie van Nicea al só gevestig was dat die konsilie nie daaraan kon verander nie, maar net ’n soort van orde sou skep soos hulle dit op daardie tyd gevind het. Dit is tog logies dat dit sou moes gebeur, want só het God Homself aan die mens geopenbaar – as Drie-enige God.
Groete, Kobus de Klerk
Cornelius,
Jy skrywe “Intussen het God menige weg teen die berg op vir ons geskep...” Jou eie versinsel, daarom só onbetroubaar.
Maar die HERE weerspreek direk wat jy sê:
“13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die Lewe lei, en daar is min wat dit vind.
6 ...Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.”
Daarom dat jy so irrelevant is – agnostici por jou slegs aan sodat jy meer leuens kan vertel, wat hulle natuurlik terdeë geniet, en jy drentel soos ‘n sot agter hul hol woorde aan.
Kobus de Klerk
Chris,
Og, wat ’n powere poging om Schaff te diskrediteer – maar wat anders sal ons van jou as ateïs kan verwag behalwe grootmond wilde, maar leë, bewerings.
Moenie jouself so openlik bedrieg oor Konstantyn, nie – voor hom was daar véél meer invloedryke en kragdadige keisers op die troon van Rome, wat nie naastenby so ingrypend in die wêreldgeskiedenis was, nie. Maar geeneen van hulle het die seën van die HERE en inspirasie van die HERE ontvang nie, maar Konstantyn wél – en siedaar! Wat Konstantyn vir die Christelike Godsdiens gedoen het, het die wêreld verander, omdat hy die seën van die HERE daarvoor ontvang het – ten spyte van sy persoonlike geite – wat net weereens bevestig hoe onafhanklik en soewerein die HERE is en funksioneer… Pagan Konstantyn was ’n Goddelike werktuig, soos die pagan koning Nebukadnesar dit voorheen óók was, met wêreldskuddende gevolge.
Dit is goed jy wys dit weer vir ons uit!
Nee, wat, by die eerste konsilie van Nicea was normale interaksie wat plaasgevind het – met mense teenwoordig op verskillende vlakke van hulle geloofservaring. Maar konsensus van die meerderheid - diégene wie die openbaring van die HERE aan hulle oor Homself gevolg het, het natuurlik geseëvier – ten spyte van die opportunisme van die Katolieke bisdom. Eeue tevore, alreeds gedurende ongeveer 160 - 200 n.C., het Origen Adamantius en Quintus Septimius Florens Tertullianus na die Drie-eenheid van God verwys, omdat God Homself só openbaar aan die Heiliges wie die Woord opgeteken het en natuurlik andere. Dit is maar net eenvoudig by Nicea bevestig.
Daarom kon niemand ooit dit regkry om dit weer te verander nie, ten spyte van sarsie op sarsie verbete pogings, deur aggressiewe antagoniste soos julle, want ten spyte van die mense betrokke se menslike tekortkominge, hou die HERE Sy beskermende Hand daaroor.
Maar die dinge besef julle natuurlik nie en perspektief het julle nie tot julle bevooroordeelde beskikking nie en kan mens mos nie van julle verwag om daardie vlak van insigte hê nie. Daarom dat julle jul verstik in snert.
Julle pogings tot verdagmakery is stokoud en afgesaag en het géén effek, behalwe net op julself (alreeds opgemors), nie.
Julle mors werklik jul tyd en kosbare lewensenergie met julle pogings.
Kobus de Klerk
Kobus,
Jy veronderstel gedurig die weg na GOD deur jou "volledige briewe" en hatige gedweep. Die meerderheid van als wat leef is glo saam met jou op die smal pad Ek en die paar anders gelowiges en ongelowiges is volgens jou op die breë pad.
Meerderheid op die smal pad - minderheid op die breë pad; dus volgens die ou grote Kobus de Klerk ...
Kobus, jou haat verblind jou!
Elke hart in die Heilige Algemene Kerk die afgelope 2000 jaar plus, bely dat Jesus Christus ons Almagtige Lewende Skepper; GOD is. Dus niemand kom na GOD behalwe deur GOD self nie; ongeag in watter van die vele taal en kultuur GOD gedien en aangeroep word.
Wat keer enige mens wat ontuis by jou soort onderdrukker voel om Joods te word? Is Jode dan verdoem omdat hulle nie Jesus Christus as Verlosser aanvaar nie? Wat van Moslems en Hindoes wat getrou op die smal weg ons Almagtige Lewende Skepper dien?
Kobus, jy is 'n fenomenale internet kits naslaner wat voorgee dat jy met jou sogenaamde "begaafde intellek" oor GOD beskik en dat ander dit nog moet aanleer. Jy huiwer nie in jou waan om ander se aanbidding tot ons almal se Almagtige Lewende Skepper; Jumala, Brahman, Allah, Tao, ... HaShem as afgodery te bespot en minag nie.
Anders as jy het die Apostel Petrus verwonderd verkondig dat YESHUAH HA MESCAICH, ook die GOD van elke ander volk en nasie is.
Soos daar geskrywe staan: "Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees, regverdigheid en billikheid doen, Hom welgevallig is. Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus - Hy is die HERE van almal (Handelinge10:34)."
Kobus de Klerk, besin!
Jou besorgde broeder in Adam,
Ekke
Cornelius,
Jou stomme aanmerkings laat ek daar, daar is niks nuuts daaroor te sê nie.
Jy maak egter die punt dat God die God van alle volkere en nasies is. Natúúrlik is God die God van alle volkere en nasies… maar dit is nou van God se kant, af…
Wat jy in jou stomme verwardheid nie kan begryp nie, is dat die nasies dit glad nie só sien nie – algar van hulle, verwerp Jesus Christus as God! Terwyl Jesus Christus die HERE wél hulle God is! En dít is die kruks van die saak wat jy net eenvoudig nie kan of wil snap nie…
God verwag van hulle om Hom as sodanig te eer en dien, nie om op hul eie koers te gaan en in Sy plek, ánder self-versinde gode te gaan fabriseer en maak asof dit HY is, terwyl hulle Hom, ten spyte daarvan dat Hy vir hulle ingestaan het, minag en verwerp, op hulle onderskeie maniere, of soos jy, so ’n poespas pruttel te maak wat HY nog nooit was, is of sál wees nie.
Dít is waarom Hy gekom het en vir álmal laat weet :
“6 … Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.” – juis sodat hulle hul gruwels laat staan en aan Hom erkenning verleen as die God van alle nasies en alle volke. Vandáár die HERE se opdrag – “19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”
Hoe op aarde kan jy dié dinge nie begryp nie?! Wat gaan aan met jou, Cornelius? Wees ’n slag besorg oor jouself!
Kobus de Klerk
Kobus, jy moet tog maar versigtig wees dat jy nie jouself seermaak met hierdie akrobatiese vertoning wat jy hier gee nie. Eers word Konstantyn vergelyk met Paulus wat na 'n "ontmoeting" met God gaan van vervolger/pagan na dienaar. Hierdie top jy op met 'n bietjie van 19de-eeuse geskiedenis: "The ruler of the civilized world lays his crown at the feet of the crucified Jesus of Nazareth. The successor of Nero, Domitian, and Diocletian appears in the imperial purple at the council of Nice as protector of the church, and takes his golden throne at the nod of bishops, who still bear the scars of persecution". God se jy gee vir Paulus en Konstantyn "elk ’n nuwe lewe en opdrag en missie en bediening". Dan, na my antwoord verander Konstantyn in "’n Goddelike werktuig, soos die pagan koning Nebukadnesar dit voorheen ook was" en hierdie keer neem ek aan hy is minder heilig as wat oupa Schaff hom beskryf as. Was Konstantyn meer soos Paulus of meer soos Nebukadneser??
Kobus, miskien het jy boonop nog nooit van die verhaal van Jona en die vis gehoor nie. Jona se verhaal staan in die Jode se Heilige Skrifte opgeteken. Die Jode aanbid HaShem en sal dus in jou begaafde intellek as sotte en spiritueel onnosel verklaard staan. Ek kan dit dus heel goed verstaan dat jy nie juis bekend is met Jona se verhaal nie aangesien die Jode, Jesus Christus as ons Verlosser verwerp.
Nietemin, die verhaal van Jona kom in kort daarop neer dat HaShem hom geroep het om die Filistyne van Nineve te gaan vermaan. Op daardie stadium het Jona absoluut weersin in Filistyne gehad want die Israeliete was erg onderdruk deur die koning van Nineve en sy mense. Dus, as Jona sy sin kon kry moes God liefs die Filistyne in die hel laat brand.
As Kobus de Klerk in Jona se skoene gestaan het dan, dan sou die ou grote Kobus natuurlik kon byvoeg dat die Filistyne boonop hoegenaamd geen aanspraak op HaShem se liefde of genade het nie want hulle ken nie vir Jesus nie. God het egter self bepaal dat Nineve ook Sy kinders is en het Jona gedwing om Sy boodskap aan Nineve te bring.
Let wel; Jona het nie die mense tot die God van Israel bekeer nie, hy moes die mense van Nineve vermaan om tot ons almal se Almagtige Lewende Skepper terug te keer want hulle behoort nes die Jode ook aan God.
Soos daar geskrywe staan; Verder sê die HERE: "Jy wil die wonderboom spaar waar jy geen arbeid aan bestee het nie en wat jy nie grootgemaak het nie, wat in een nag ontstaan en in een nag vergaan het. Maar Ek mag Nineve, die groot stad, nie spaar nie waarin meer as honderd en twintig duisend mense is wat die onderskeid tussen hulle regter-- en hulle linkerhand nie weet nie, en baie vee? (uit Jona 4)"
Let asseblief Kobus; Nineve het hulle weer terug tot HaShem en daarom ook tot GOD se openbaring van God self in Jesus Christus onse HERE gekeer.
Let ook asseblief Kobus, dat God self besluit aan wie en hoe ookal Sy liefde en genade betoon word. Geen "spiritueel begaafde" soos jy kan bepaal wie God se genade en liefde toekom nie - selfs aanbid jy die Bybel nes die Fariseërs en Skrifgeleerdes van ouds.
Kobus, ek dien saam met menige Jood, Moslem, Hindoe, katoliek en Boeddhis ons almal se Almagtige Lewende Skepper. Ek dra in my die Boodskap dat ons Almagtige Lewende Skepper ten volle mens vir ons almal geword het in Jesus Christus onse HERE.
Mag Jesus Christus ons GOD, self jou enge wrok teen ander se harte verlig.
Chris,
Soos ek elders sê, vir jou sal alles wat ek sê en almal wat ek aanhaal, verkeerd en geforseerd klink, ongeag dat dit nie so is, nie. Ons weet mos dat jy oor my baie vooropgestelde en bevooroordeelde issues het. Dit is nie my probleem nie, maar joune – jóú las en jóú probleem wat jou só intellektueel en emosioneel onvermoënd laat…
Jy kan nie insien waarvan ek praat nie – INSIG, asseblief, INSIG… dat God van mense instrumente, dienaars, maak, na Sý willekeur, omdat Hý so wil - niks met hulle eie wil te make nie! Konstantyn, die deurdagte pagan, se lewe na die Christus ontmoeting, het absoluut ingrypend verander deur se bekering tot die HERE, én sy bediening (ten spyte van sy persoonlike foute), het die pagan wêreld ingrypend verander – presies só met S(P)aulus, wie óók ’n ongelowige fariseër en vervolger van die Christene was en na sy eie Christus ontmoeting (ten spyte van sy persoonlike foute), sy persoonlike lewe én die pagan wêreld van daardie tyd, deur sy bediening vanaf God, ingrypend verander. So ook met Nebukadnesar, wat ’n verbete vervolger van die HERE se volk was, wat na sý Christus ontmoeting (ingrypend vir hom – dié magtige, selfvoldane koning moes deur God se aanraking hulpeloos en magteloos word om soos ’n waansinnige saam met diere leef totdat hy tot besinning gekom het), tot bekering gekom het, het uiteindelik wetgewing gepasseer wat dit ’n misdaad gemaak het om teen die God van Israel te praat en Hom nie te eer nie – stel jou voor, in die magtigste pagan koningryk van daardie tyd, súlke ongehoorde dinge weens die Krag van God gebeur… en elkeen van hulle het sy bediening as dienaar van God, ten spyte van sy persoonlike foute en voorkeure, stiptelik nagekom want God se plan sál áltyd uitwerk!
Ek noem net ’n feit – ek beledig jou nie, maar jy het eenvoudig net nie die insig om te begryp wat ek sê voordat ek dit so aan jou moet uitspel soos nou nie en dan nog dikwels, stééds nie… en jy weet teen hierdie tyd al hoekom dit só met jou en ander soos jy is – of moet ek dít ook wéér uitspel?
Groete,
Kobus de Klerk
Cornelius,
Jy en jou mede Deuce C lid, Chris, is ewe onbekwaam om te verstaan wat aangaan…
Jou aanhaling rakende Jona in jou kommentaar werk lynreg teen jou eie argument – kom nou, jy kom werklik domonnosel voor…
Ek sê God is die God van almal, maar hulle moet hul versinsel religieë laat staan en die ware God dien – met ander woorde – hulle moet besef dat God die ware God is en nié hulle versinde gode nie – dit is presies wat Jona moes gaan verkondig, dat hulle hul snert laat staan en die ware God dien en hulle was gehoorsaam en is gespaar – en dit is wat ons as Christene vandag óók doen, maar jy wil my stop (hoe dwaas) omdat jy self nie kan onderskei tussen die ware God en die versinsels (waaraan jy self weldeeglik aandeel het met jou poespas) nie.
Met die ander onsinnige, insiglose snert in jou kommentaar deel ek nie weer nie - jy verstaan wragtig nie eens wat ek in eenvoudige Afrikaans vir jou probeer sê nie.
Kom tog nou by, man!
Kobus de Klerk
Bedoel jy, Kobos, spirituele insig?
Jy weet seker dat baie Jode Hitler beskou as so 'n werktuig in God se hande. God het toegelaat dat ses miljoen Jode sterf in die kampe sodat die Weste sag genoeg en bereid genoeg sou raak om die staat van Israel te help vestig. Apokaliptiese Christene beskou die vestiging van die staat van Israel (hier is Israel die werktuig) weer as deel van God se plan om die einde in te lui. George Bush is ook op 'n stadium beskou as 'n werkstuig van God vir dieselfde doel (jy sal seker beter weet as ek of dit nog steeds die siening is).
Met jou spirituele insig laat jy die Bybel en alles wat iets te se het oor die onderwerp buikspraak doen vir jou praatpop, die God van Kobus.
Kobus, jy het beslis die kat aan die knaters beet as jy dink ek vra vir jou belediginge en verwaande veronderstellinge.
Jy is ook uiters verwaand as jy meen dat daar nie opregte harte in ander Godsdienste gehul in ons almal se Almagtige Lewende Skepper se liefde en genade leef nie - jy is uiters verwaand!
Jy is ook net so verwaand as jy meen dat God beperk is tot wat in jou Bybel staan.
Jy ken duidelik nie die verkil tussen 'n profeet (leermeester), fortuinverteller, keiser, koning, evangelis of apostel nie (doen gerus bietjie navorsing daaroor in jou nuwe spoeg en plak verklarende woordeboek).
Nog minder weet jy wat 'n Joodse geestelike omtrent Jona sou leer.
Trou aan alle verwagting herskryf jy toe sommer ook Konstantyn en die Konsilie van Nicea in alle katolieke katkisasie om jou eie aspirasie te dien.
Kobus, besin in jou kits naslaan waarin jy voorgee dat jy met 'n sogenaamde begaafde intellek oor GOD beskik en dat ander dit nog moet aanleer.
Besin in jou waan om ander se aanbidding in hul eie taal en kultuur tot ons almal se Almagtige Lewende Skepper; Jumala, Brahman, Allah, Tao, ... HaShem as afgodery te bespot.God openbaar aan elkeen na Sy/Haar wil.
Elke hart word met 'n verlange na God gebore.
Soos daar geskrywe staan; "En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf u dissipels! En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep."
Hoekom sou God ander harte se redding laat afhang van 'n hardvogtige soos jy om die Evangelie betyds by hulle te bring Kobus? Dink jy regtig God sal getroue harte in die hel laat verskroei omdat 'n Christen soos jy nie betyds met die Goeie Nuus by hulle opgedaag het nie?
Wat 'n waan!
Nee Kobus, die klippe sal dit uitroep indien nodig; en die Evangelie is genade op genade in ons almal se Almagtige Lewende Skepper se liefde aan die hele mensdom.
God sien om op welke manier ookal na menige ander hart wat of afgestoot word deur jou soort haat.
En dis die slegte nuus wat ek met jou moet deel Kobus; jy is glad nie so bepalend in God se verlossingsplan met jou sensasionele "volledige briewe" waarmee jy ander so treiter nie.
Dink gerus liefs goed na voordat jy weer in jou voortvarendheid my en ander probeer neerhaal en die wereld hel gee met jou "volledige briewe".
Laat my dit voorts aanroer; Chris se naam is direk afgelei van die woord Christen. En soos daar geskrywe staan; "en meteens staan daar 'n man voor my in 'n blink kleed en sê: Cornelius, jou gebed is verhoor en jou aalmoese is voor God in herinnering gebring."
Ek ag dit 'n kompliment te wees om ook met die letter "C", met iemand soos Chris verbind te word.
Jou broeder in Adam,
Ekke
Chris,
Wat probeer jy nou eintlik bereik om vir my te vertel wat die Jode en George Bush se mense, dink?
Het jy uit gesprek inligting geraak? Ek sal die geleentheid gebruik om God se Naam groot te maak!
In ’n stadium het die volk vir geslag na geslag, God gehoon en verloën en Sy Naam onteer, baie soos ons vandag sien en wat julle self ook doen - vir meer as 400 jaar lank het God profete gestuur om die volk daarteen te waarsku, én hulle te waarsku wat met hulle gaan gebeur as hulle nie weer na hulle God terugkeer nie – Dit is tragies wat met die volk gebeur het, wat hulle oor hulself gebring het, nadat hulle die Almagtige God vir geslagte lank, nes julle, hoon en verloën sonder ophou en Sy waarskuwings as kaf afgemaak het, nes júlle:
Esegiël 22: ”19 Daarom, so sê die Here Here: Omdat julle almal skuim geword het, kyk, daarom sal Ek julle binne-in Jerusalem bymekaarmaak. 20 Soos silwer en koper en yster en lood en tin binne-in ’n smeltoond bymekaargemaak word om daarteen ’n vuur aan te blaas en dit te smelt, so sal Ek julle bymekaarmaak in my toorn en in my grimmigheid en julle ingooi en smelt. 21 Ja, Ek sal julle versamel en met die vuur van my grimmigheid teen julle blaas, dat julle dáárin gesmelt kan word. 22 Soos silwer in die smeltoond gesmelt word, so sal julle dáárin gesmelt word; en julle sal weet dat Ek, die Here, my grimmigheid oor julle uitgegiet het.”
Jeremia 16: ”16 Kyk, Ek stuur baie vissers, spreek die Here, wat hulle sal vang, en daarna sal Ek baie jagters stuur wat hulle sal opjaag, van elke berg en van elke heuwel en uit die klipskeure. 17 Want my oë is op al hulle weë, dit is nie voor My aangesig bedek nie, en hulle ongeregtigheid is nie voor My oë verborge nie. 18 Daarom sal Ek eers hulle ongeregtigheid en hulle sonde dubbel vergelde, omdat hulle My land ontheilig het met die lyke van hulle verfoeisels en My erfenis gevul het met hulle gruwels.”
Jy weet seker dat die Woord ook vermeld dat die HERE weer die Jode sal terugbring na Israel? Die wonderlike is dat God dit aan die profete openbaar het nog voor die verstrooiing – en op daardie stadium was die verstrooiing vêr van die gedagtes van die volk af – toe Jeremia dit vir hulle vertel en hulle daaroor waarsku, is hy as ketter in ’n put gegooi – en vandag is ons al meer as 2,500 jaar verby die verstrooiing, in die fase van die hereniging. Ek ken persoonlik mense wat betrokke is as voltydse bedieners met die repatriasie (aliyah) van Jode uit Rusland na Israel. Hulle noem dit “fishing” – mense van Joodse afkoms word gesoek en gekontak en verbasend baie van dié Jode, wat vir geslagte nog nooit in Israel was nie, is gretig om die aliyah mee te maak en hulle word in Israel terugverwelkom.
Esegiël 11:”17 … Só spreek die Here Here: Ek sal julle bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en Ek sal aan julle die land Israel gee.”
Duisende jare gelede geprofeteer en ons het dit alles al sien gebeur en besig om te gebeur.
Die HERE is almagtig! Hoekom is julle so dom en roekeloos om dit nie te wil besef nie?
Kobus de Klerk.
Ag Cornelius, bly tog nou stil, jy is nou weer by die beginpunt van jou snert-sages.
Jy het nie eens meer irritasie waarde nie - die snert wat jy kwytraak is eindeloos (dit is baie maklik om snert te praat soos jy – hoef net dom te wees. Is egter 'n kuns om sinvol te kommunikeer ).
Mens moet nie op jou so baie kuberspasie mors nie.
Terloops, dit is sotlik om so jis te kruip by Chris, jou arme dommerd (mens voel amper verleë vir jou part, dan praat jy nog snert ook)… én jy beledig die Bybelse Cornelius - jy is ’n skandvlek vir sy naam-nageslag.
Kobus de Klerk
Kobus, met die Bybel om jou te steun vertel jy hoekom ses miljoen Jode vergas is deur die Nazis: God het hulle gestraf omdat hulle onheilig, ongehoorsaam of soiets was. Hierdie interpretasie van jou verdien die hoogste vorm van minagting en veroordeling. Behalwe dat dit jou God uitbeeld as 'n morele monster, se dit ook iets van jou eie menslikheid. Gaan dink mooi oor wat jy hierbo kwytgeraak het.
Hierdie 'gesprekke' met jou van die afgelope week of wat het in elk geval eentonig en vervelig begin raak. Ek doen dalk meer sleg as goed deur jou uit te lok totdat jy dinge se wat jy dalk nie bedoel nie. Ek het vir eers genoeg gehad.
Ag, Chris,
Ek het mos nou nie verwag jy sal enigiets omtrent God waardeer, wat nog te sê, verstaan, nie. Jou minagting vir die almagtige God oortref enige ander minagting wat jy in jou hart ronddra en daar is báie daarvan, het ek so met die gesprekke agtergekom. Swáár las wat jy dra…
Dit is hartverskeurend wat met die Israeliete destyds, tydens die verstrooiing gebeur het – én met die Hitler volksmoord - of die volksmoord van Hitler direk deel daarvan is… weet ek nie verseker nie. Maar wat ek weet, is dat báie van die Jode, die Israelies, steeds nog so afvallig is soos hul voorouers, net sommige van hulle het sedert die Hitler volksmoord tot besinning gekom, hoewel dié getalle genadiglik vinnig besig is om toe te neem.
Ek maak God se Naam groot, ja, menende, ek loof Sy Naam en getuig van Sy dade, want in Sy dade is slegs Geregtigheid te vinde. En dít is inderdaad lofwaardig – maar hoe sal jý nou ook weet?
Daar is geen groter morele monsters as diegene wat die almagtige God minag nie… en derhalwe jou uiters voorspelbare ongemak, aggressie en antagonisme – want jy self doen opsetlik, doelbewus, dalk erger nog, as wat die afvallige Israeliete destyds gedoen het en sal jy mos natuurlik manifesteer oor die vooruitsigte… het jy bewys dat ek verkeerd is? Het jy bewys dat God nie bestaan nie? Nou is dit verby die punt van pruttel en proes daaroor – want as jy verkeerd is (en jy ís), is jy mos in vir gróót moeilikheid… Dan gaan dit mos nie vir jou help om te pleit “maar HERE, toe ek keer op keer op keer gelees en gehoor het dat U werklik bestaan, het ek my jis daaraan afgevee en aangedring op bewyse dat U bestaan, so…”
Natuurlik sal dit jou ontstel… en sal jy mý probeer slegsê daaroor, soos ’n lafaard, in stede om jouself reg te ruk en op te hou om die almagtige God te hoon, belaster, minag en verloën.
Dit is egter báie dom van jou om op jou ou paadjie na verderf aan te ploeter…
Ja, kies die hasepad - en probeer my daarvoor blameer, lafaard!
Kobus de Klerk