Kommunikasie

  • 0

In vertikale verbande sein ‘n delikate teleskoop
stuur telegramme en telefoto’s in die lugruimte.
Tyd en lengte skuur teen wolke
vlakke van teatrale tolke.
Die sade van my tong val en ontplof
druppels van wese plas oor die aarde se skof.
In vertikale verbande sein ‘n delikate teleskoop
stuur telegramme en telefoto’s in die lugruimte.
Ontbloot, naak lê ‘n siel in ‘n mikroskoop
‘n vergrootglas vorm ‘n spreekbuis, ‘n telefoon

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top