
Koeberg-strand
Een voet voor die hand,
En dan die ander.
Skeef soos ’n krap,
Bekruip hy die brander.
Krabbel op die sand,
Van hoe God hul lief het
en hul vir hom.
Naam van voor en ook agteroor
Kan jy jouself in sand verloor?
Kanse soos korrels sand,
Is wat ouers elke dag,
Regoor die land,
Laat uitloop teen die duine en strand,
Van kinderlike tydverspeling
En liefde vir hul verbeelding.

