keiserstrand-tafoni

  • 0

op die geologiese tydskaal van die heelal
teel klip toe nie so swaar nie
neem dit die rotskus nie veel meer nie as ’n duisend jaar
om ’n paar meter terug te tree:

ellipsoïed en sferies die heuningkoekholtes
waar sout en mikroskopies klein
ione kristalliseer
waar graniet en basalt geomorfologies
tot evoluerende tafoni verweer

miskien is dit in dié self-georganiseerde
verweerpatroon
dat ek die spaarsamige energie kan sien
van tyd en ruimte en plek
by 32°58' suid

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top