Kaggelvuur
Hier sit ek weer voor die kaggelvuur en ek wag vir jou
om jou arms hier om my te vou
styf aan my vas te hou
Kon jy nie maar langer vasklou?
Die hitte van die kaggelvuur brand diep deur my
Jy het dit alweer reggekry om te sny dwarsdeur my
dwarsdeur my.
REFREIN:
En hier sit ek weer alleen voor die kaggelvuur
vir die hoeveelste keer
En ek wag vir jou om weer jou arms om my te vou
styf aan my vas te klou.
Die reën daar buite verklaar die seer
diep binne, diep binne, diep binne in my hart
REFREIN
Sê vir my waar is jy dan heen?
Is ons twee dan van mekaar vervreem?
Sê my waar, sê my waar, waar is jy heen?
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


