Jackie O

  • 0

“When you look back on your life, you hardly recognize the person you once were. Like a snake shedding skins.”

Jacqueline Bouvier
Mevrou Kennedy
Jackie O

equestrienne
eerstevrou
mode-ikoon

glimlag skelm
soos die Mona Lisa
draai die Franse óm

haar pinkie
grabbel die flenters
van ’n brein op

toe sy oor ’n
sitplek spring geZapruder
met ’n pienk Chanelrok bebloed

vir die aankondiging
langs LBJ
haar seun salueer

’n stoet;
sý elegansie,
grasie, styl

kruip weg op Skorpios
met Ari O
waar die paparazzi

háár teregstel
twee keer geweduwee
begrawe langs JFK,

hul seun, Patrick
en Arabella,
’n stilgeborene.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top