It is rich ...

  • 0

Nie in die gewone (spot-byt) sin nie – eerder as ’n sprankie van hoop dat Helen Zille (HZ) en nou ook Kgalema Motlanthe (KM), tydens die Oscar Mepetha gedenklesing te Stellenbosch,  instaan vir Julius Malema (Juju) se reg op vryheid van spraak. Ek, vir een, stem saam (maar … lees verder).

KM maak hom ooglopend gereed vir High Noon te Mangaung.met ’n reeks van "presidensi?le uitsprake" in die openbaar – soos met sy bedenkinge oor die beoogde "muilband-wet" en dat ons dalk eerder na die Australiese mynwerkersmodel moet kyk hoe om "trekarbeiders" en hul gesinne meer menswaardig te behandel – terwyl die binnekamer-woelwater, JZ, as hy te voorskyn kom, hom bedien met uitsprake soos “die meerderheid het meer regte as die minderheid. Dit is die aard van demokrasie.”  Dit verg ’n relic uit die struggle dae (self onder die wolk van bedenklikhede) om as “die president se woordvoerder” met die nodige omhaal  te probeer verduidelik – omdat JZ nie die verskil tussen "regte" en "voorregte” kan begryp nie bedoel hy nie eintlik wat hy sê nie! Tussen ons – dié Mac kan aanspraak maak as die oudste bekle?r van dié amp in die Guinness Book of Records.

Waar bring dit ons? Die meerderheid van "ingeligte Suid Afrikaners" meen dat JuJu, die enfant terrible van ons politiekik, behoorlik aan bande gelê moet word.

Hoe weeg “vryheid van spraak” van ’n individu op teen die algemene belang? Selfs terwyl hy/sy in die uitoefening daarvan in verwante en of ander handelinge re?lreg bots met ons almal se "konstitusionele vryheid" om te kan leef sonder om deur misdaad en korrupsie in die grond geboor te word?

Groot gewag word gemaak oor persoonlike vryhede, hoewel van die oortreders openlik (en dikwels grootdoenerig daarby) onverstoord voortgaan met hul afbrekende aktiwiteite ten koste van die gemeenskap.

Hoekom kom die klagtes teen JuJu se openbaar bekende misdrywe nou eers tot die punt van vervolging? Hoekom kom die grootste gros van diegene wat aan soortgelyke misdrywe gekoppel word en sommige inderdaad reeds daaraan skuldig bevind is so maklik weg daarmee – om herontplooi te word? Wat ’n beloning!

Die onsinnige gedansery na JuJu se pype is nie verby nie – daar is reeds aanduidings dat die eierdanssery om JuJu (soos in die geval van JZ, sy gewese mentor) na ’n ho?r rat oorskakel.

Die gevaar is dat die vrotkol groter as die appel gaan word.

In valse hoop word die “Luja’s moment” uit die lug gegryp en soos ’n wortel lustig voor ontvanklike neuse rondgeswaai. Maar  JZ is nie ’n Luja da Silva nie – hy is nie naastenby opgewasse vir die taak nie – kan ons hoop dat KM en HZ eersdaags  sal saamspan om die kastaiings uit die verterende vuur te krap?

Naas Viljoen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top