Is jy ’n aspirant filmmaker? Soek jy ’n platform vir een van jou bestaande kortfilms? kykNET bied weer hierdie jaar die geleentheid om die opbloei in die Suid-Afrikaanse filmbedryf te vier tydens die Silwerskermfees.
Die Silwerskermfees het homself die afgelope 4 jaar gevestig as ’n gerekende fees in die Suid-Afrikaanse filmbedryf. Die fees beoog nie net om groter blootstelling aan Suid-Afrikaanse rolprente te gee nie, maar skep ook die geleentheid vir gevestigde rolprentmakers en aspirant filmmakers om tydens die fees met mekaar in gesprek te tree. Dit is hierdeur dat die Silwerskermfees streef om innoverende samewerking tussen kunstenaars aan te moedig en so die voortbestaan van Suid-Afrikaanse film koester.
Die fees moedig enige passievolle rolprentmakers aan om in te skryf met voorstelle vir nuwe kortfilms, of om van die geleentheid gebruik te maak om bestaande werk groter blootstelling te gee.
Films wat aanvaar word, word tydens die fees vertoon en sal later die jaar ook op verskeie DStv-kanale uitgesaai word.
Die fees vind hierdie jaar weer vanaf 27-30 Augustus in Kampsbaai plaas.
Inskrywings vir nuwe kortfilms en bestaande werke het 14 April 2014 geopen, en inskrywingsvorms kan hier afgelaai word.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter


Kommentaar
Goeie middag
Hoe gaan dit? Ek wil asseblief meer weet oor die Kyknet Silwerskermfees 2016 , hoe gaan mens te werke as jy wil deel neem? Is daar enigste vereistes? Asseblief help? Moet dit in 'n draaiboek wees of 'n kortverhaal?
Dankie vir die hulp , dit sal opreg waardeer word.
Groete
Stienie Boshoff
X Baie lief vir movie.