Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen
Maar die sewende dag moet jy rus
Rus?
Sal dit skeel
as jy jou erg verveel
of gewoon net speel?
Na Sy week se werk
het Hy sy skepping weer betrag
miskien gelag
miskien gedag
Ek het dit alles goed gemaak
maar is alles heel
Hy het nog van Sy klei oorgehad
En begin toe speel
en net om Switserland (en die Kaap) te terg
steek Hy die draak met hierdie Goddelike Berg

