Tjoek-tjoek sing die trein
Op pad na Sasol dié refrein
Langs die spoor loop die wit mamba
Kamma-kamma, kamma-kamma
Die reën binne voelafstand
Die dreuning, o ek hou daarvan
Saggies as die druppels ritsel
My beker met koffie gevul
As die son nag sê en liefs ondergaan
Die besoedeling saam met die lig vergaan
Maar word skakerings van pienk en pers
Ek, ’n boek en ’n wit kers
Soos die bome in die winter hul blare verloor
En jy saggies “ek is lief vir jou” kom fluister in my oor
Weet ek waarom klop my hart
Ek voel tuis in Secunda-stad

