Hier gaat ons ...

  • 3

Hierdie is my eerste poging en toetrede tot die briewe. Ek lees al ’n rukkie aan ’n paar van julle se goettertjie en tas nog bietjie in die donker. Nooit gedink ek sal dit self waag nie maar nou ja, dis te danke aan Matilda.

Matilda is my snot ... Ooo wag dat ek dadelik veduidelik: Matilda is my geesgenoot in amper elke opsig behalwe die vleeslike. Die reserveer ek vir die manlike geslag. Nie dat ek juis kan roem op so iets nie maar die hoop beskaam nooit nie nè? In elk geval Matilda en ek is soos die spreekwoordelike "Snot en Sakdoek" en synde ek die oudste is het ek sommer dadelik die "sakdoek"-gedeelte van die verhouding gekies! Dus, sy is my Snot en basta.

Nie een van die ander benamings wat ’n verhouding beskryf is so van pas vir ons twee soos die een nie ... nie "torch en battery" nie, nie gegewe die beelde en kommentaar wat die beskrywing al opgelewer het nie! Ook nie "mop en besem" nie, want die klink net na te veel werk in enige verhouding en my en haar verhouding is nie op werk gebaseer nie hoor! Ons vind eintlik rus in mekaar want ons praat dieselfde taal. Hel, ons verskil soms erg maar ons het al hoeveel maal tot die slotsom gekom dat ek en sy die enigste twee normale mense op die aarbol is en soms - maar baie min - dalk wonder of ons nie die enigste twee is wat "fatlap" is nie!

Matilda is heelwat jonger as ek. Sy is getroud en het twee klein dogtertjies waaroor ek soos’n ma-ouma voel. Sy het een middag vertel hoe sy nie kan wag dat haar spiertier gym toe gaan nie want dis haar tyd om so tussen die demands van Spiertier en Miggie en Nonna, die kosmaak en huiswerk doen ding, bietjie "Matilda-tyd" te vat. Sy het my vertel hoe die mense hier vir haar soos familie geword het en sy ken elkeen se pedigree hoor. Maar dis haar IS, my liewe, dierbare, kosbare Snot! So, na ’n paar vertellinginge van ’hoor wat sê die een" en "hoor watse kommentaar die een het", en die vrees dat ek weens oudword uitmis, het ek besluit om net in te loer en self uit te vind waaroor die ding gaan... en nou is ek hier. En ek weet ek gaan bly!

Ruby Rast

  • 3

Kommentaar

  • Beste Rugby Rast,

    Welkom hier. Ek kan jou verseker jy gaan gou heelwat wyser word oor al die dinge waaroor hier geskrywe word. Jy moet net baie oopkop wees en nie meegevoer raak deur al die bekgevegte nie. As jy aangevat word,moet jy dit op die ken vat ... en onthou,geskok wees is uit!

    Groetnis

    Perdebytjie

  • Menslike diversiteit in al sy vorme en Ruby se verhaal is nog so 'n voorbeeld. Dit is dalk die "les", na aanleiding van Stephanie se verhaal ook, dit verg 'n duisend verskillende verhale om die aard van menswees te formuleer. 

  • Kobus de Klerk

    Welkom hier, Ruby.

    Wat het jy anders te vertelle waaroor ons bietjie kan redekawel en kibbel ... Ek hou meestal van die redekawel deel, maar smaak my op hierdie forum is die meeste vir 'n gekibbel aan die orde van die dag ... hehehe ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top