Halleluja

  • 0

Halleluja

geruk tot stilte
onder jou hande
wintersnag in dons gedek
’n feesmaal aan jou ysterkatel
refrein van vel oor
kurwes berge dale
hande vol
hallelujas in die nag
oopmond gesing
jou hare op my gesig
jou tong
my middelpunt
my stiltetyd

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top