Halfpad een ding deur Zirk van den Berg

  • 0
Taal: Afrikaans
Druknaam: Penguin
Regte: Suidelike Afrika

Publikasiedatum: Maart 2014
ISBN: 9780143538639

 

 

 

Die Boek
Gideon Lancaster, ’n Nieu-Seelander wat vir die Britte veg, infiltreer ’n Boerekommando. Hy word gou verstrengel in verwarrende lojaliteite wanneer hy die boeresoldate beter leer ken en boonop verlief raak op Esther Calitz, ’n eiesinnige Boeremeisie wat sy trou bo alle ander eis. Tussen Esther en kommandant Jacob Eksteen, sy swygsame mededinger in die liefde en ’n man met swart-en-wit beginsels, vind hy sy weg met groot moeite. Die teenstrydige eise van trou en liefde dryf hom tot onbesonnenheid. Hy gryp die kans op ’n groot waagstuk aan toe ’n Britse bataljon gemobiliseer word om die oorlog tot ’n klinkende einde te bring.

 

Beskikbaar in Engels as Half of One Thing.

Die Skrywer
Zirk van den Berg het in 1989 sy literêre debuut gemaak met Afrikaanse kortverhale, gevolg deur ’n kort historiese roman. Nadat hy in 1998 na Nieu-Seeland verhuis het, het hy in Engels begin skryf. Sy misdaadroman Nobody Dies het in Nieu-Seeland verskyn en is met groot entoesiasme ontvang; in 2013 is die Afrikaanse weergawe, ’n Ander mens, in Suid-Afrika vrygestel. Halfpad een ding is die skrywer se eie vertaling van sy in Engelse geskrewe roman Half of One Thing, wat gelyktydig daarmee verskyn. Van den Berg is ’n taalpraktisyn in Auckland.

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top