haikoe 1
met `n geel geluid
roep seisoene na mekaar
eggo einde in begin
haikoe 2
vuur verteer die nag
ekstase loop langsaam oor
in silwer oggend-as
haikoe 3
getye spoel en sug
volg die dooier van die maan
die woord is wending
haikoe 4
tinteling verstil
vlinder as nagedagte
in die dubbeldroom


