Cornelius,
Nee, maar, as jy ’n wetgehoorsame burger is en jy skrywe vir my dat ek, by implikasie, ander se Godslasteringe, inkluis joue, moet respekteer en agting voor hê, net omdat die grondwet dit wil afdwing (daar is ’n verskil tussen ’n “reg” hê op iets en agting/respek hê vir iets, maar hoe sal jy nou ook weet), dan ondersteun jy mos my punt oor jou dat jy God se Gebod onderhewig stel aan die wette wat jy so koester, want die grondwet se dwingelandy is strydig met God se Eerste Gebod – vandaar dat jy toe mos sommer jou eie poespas-afgod saamflans wat nie inbreuk maak op jou gemaksones nie?
Jy weerspreek jouself dus weer eens en kom dit nie agter nie.
Jy is verkeerd, terloops (dit is die reëlmaat) - geen wet, ook nie die grondwet, poog iemand te dwing om ’n sekere standpunt te in te neem teen sy sin, nie – of verstaan jy steeds nie wat die begrippe “respekteer”, “agting” en “eerbied” beteken nie? Dit is mos in besonderhede uiteengesit vir jou, of kan jy soos gewoonlik nie begryp wat aangaan nie?
Gee die keiser wat hom toekom? Jou skaamtelose ketter. So, jy sê, wat die HERE bedoel het toe Hy so sê, beteken dat, enigiets wat die keiser verlang, selfs om God te verloën, moet jy die keiser toestaan en dit kom die keiser toe? God, die HERE bepaal wat die keiser toekom en die HERE het daar bygesê “maar gee ook aan God wat God toekom”!
Jou sinnelose, insiglose ketter, jy laster. Magtig, jy verstaan werklik niks van die HERE, die Woord, nie!
Dit is nie lekker om dit te moet sê nie, maar Gilgamesh is reg oor jou – jou is ’n agnostikus, net ’n karikatuur-weergawe, een met baie koddige bagasie. As ek jou in die gees sien, sien ek ’n figuur soos wat destyds op Led Zeppelin se vierde album was – so ’n verweerde, uitgeteerde, versukkelde verkromde figuur met ’n las op sy rug, al sukkelende voortstrompel … Al lyk dit nie altyd so nie, kry ek jou jammer daaroor, maar die probleem is, jy wil so sukkel, soos ’n masochis.
Jy moet liefs end kry met jou emosionele geteem, wat net oor jou eie belange gaan, ten koste van die HERE se Naam en stilbly, want jy het tyd nodig om jouself reg te ruk. Gebruik dit!
Kobus de Klerk


Kommentaar
Ai tog Kobus,
Jy val weg met 'n opskrif wat duidelik veronderstel dat jy dalk gaan verklaar HOEKOM jy die Grondwet strydig met die Eerste Gebod verklaar.
En daar verval jou hele getik gewoon in jou algemene haat teenoor enigeen wat jou nie wil eer nie.
Nee wat ou Kobus, gaan terug na jou opskrif en probeer asseblief tog om by jou eie onderwerp hou.
Neem ook in ag dat ten spyte van jou minagting vir ons ander en die Grondwet, jy tog op 'n manier die indruk skep dat jy ook jouself ewe gedwee daaraan sal onderwerp met die hoop dat God darem jou poging om dit "uit te wys" en ander daarin te vervloek, sal ag.
Of is hierdie dalk 'n nuwe aanhef van die "Rebellie van Kobus de Klerk" in jou "wets(ON)gehoorsaamheid?
Maar terwyl jy nog so slim is, wat bedoel die Grondwet met haatspraak in terme van jou uitgesproke minagting vir ander se geloof/ongeloof/ en godsdiens Kobus de Klerk?
Jou broeder in Adam.
Ekke
Ek dink nie jy het werklik ’n idee wat die grondwet wil of nie wil nie. Kyk, jy begryp nie eens wat ek vir jou skrywe nie. Jou onbegrip vir aspekte waarmee jy moet omgaan, en onvermoe, om sinvol daarmee te deel (eindig gewoonlik in een of ander teatrale emosionele geteem) kom altyd deur en staan vas – ons sien dit hier op die forum.
Eers as jy weet wat vryheid van spraak en uitdrukking beteken, sal jy weet wat haatspraak beteken. Maar wie kan nou van jou sulke insig verwag, Cornelius?
Die punt staan vas – as enige wetgewing van mense die Gebooie van God minag of weerspreek, dan is dit strydig met die Gebod van God. Dit is darem seker baie maklik om te verstaan.
Die gevolg daarvan, is dat God so ’n stuk wetgewing nie sal seen nie. God laat alle aarde regerings in plek toe. Tog, as die regerings Hom teegaan, bly hulle nie lank staande nie. Kyk gerus om jou rond.
Wat wereldse Godslasterlike wetgewing aanbetref, sal God nie sodanige wetgewing seen nie – daar sal anargie, antagonisme en weersin in daardie wetgewing ontstaan wat uiteindelik sal bydra tot die ondergang van die regering wat dit tot stand gebring het – dit is hoe dit werk. Ek en ander gelowige hoef nie op strate te gaan marsjeer of met haelgewere te gaan paradeer daaroor nie. Nee, ons bid die HERE om die ongeregtigheid te verwyder en HY doen dit op Sy goeie tyd op Sy goeie manier – kyk maar om jou rond! Hierdie land is alreeds ’n voorbeeld daarvan, weens vorige ongeregtighede.
Maar jy probeer ’n rookskerm gooi met jou onsinnige geteem oor die grondwet en haatspraak, duidelik snert, in ’n poging om dit wat ek aan jou uitgewys het, hoe jy God belaster met jou uitlatings oor “gee die keiser wat hom toekom”, dit terwyl jy voorgee ’n gelowige te wees.
Waarom erken jy nie maar dat jy eintlik ’n bekrompe, verflenterde agnostikus is wat in ’n selfgemaakte pierewaaier religieuse uitrusting wil paradeer, nie? Want so (dit is wat jy dink, altans) sal jy aandag op jouself trek, om jou ego te streel, al is dit wat…
Ek kry jou jammer. Jy hoef nie so te wees nie. Jy k?n jou tot die HERE keer en HY sal jou krag gee.
Terloops, Cornelius – die opskrifte op my briewe is nie altyd my keuse nie – soms word dit deur redaksie gedoen, soos hierdie een. Moenie dat die opskrifte jou so maklik kelder nie.
Kobus de Klerk
Kobus, verduidelik net hoekom verklaar jy dat die Grondwet godslasterlik is. Ook soos daar geskryf staan: "Wys My 'n penning. Wie se beeld en opskrif het dit? Hulle antwoord en se: Die keiser s'n. Toe se Jesus vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom."
Nes die penning wat aan die HERE gewys is, dra die Grondwet ook ons land Suid Afrika se wapen en opskrif. En jy seg vir my ek belaster God as ek Jesus Christus se eie woorde omtrent wereldse wette en orde aan jou herhaal, Kobus? Nee wat Kobus, wat sou dit ieder geval baat as ek gewoon net Jesus Christus se lering omtrent naasteliefde uit die Bybel in ons Grondwet vir jou wou wys? Jy is maar soos altyd jou hatige self in oorloop met eiewaan.
Ek vergewe jou nogmaals, Kobus.
Jou broeder in Adam, Ekke
Kobus, terwyl jou intellektualisme so op die politiek gestel is; hoekom het die Christelike Nasionale regering van ouds geval? Hoemkom is daar nie 'n regering met soveel Bybel verafgoding soos joune op die kaart nie? Ek weet jy ken nie die antwoord nie dus help ek jou; dis omdat God die wereldse ideologie in hierdie era aan Satan en sy telge toelaat - daar waar jy met jou ambisie so hunker ... dalk ook in jou hoop om die rol van aanklaer in die hiernamaals te bekom ... kalmeer en besin Broeder ...
Cornelius,
Asseblief, kry jy dan nie skaam om jou gevoelloosheid ten aansien van God en Sy Eerste Gebod só openlik te verkondig nie? O, jy weet nie van beter nie? Is dít jou verskoning? Dit sal jou in die put laat beland!
Kyk, ek stel dit eenvoudig – die tweede deel van die verduideliking aan die fariseërs oor die belasting, kwalifiseer die eerste deel. Die eerste deel het te make met wêreldse dinge – die invordering van geld by onderdane om die regeringstruktuur mee te finansier, ens. en soortgelyk - God meng nie met dit in nie en laat dit aan die regering van die dag oor om hom besig te hou met die daaglikse bestuursfunksies Die tweede deel, sonder vir God af alles wat met die liggaam en siel en gees van die mens te make het – en sy skepping. Geld is mense skeppinge, nié God s’n, nie.
Die mens en die natuur in die algemeen, is deur God geskape. God se ‘Stempel’ is spiritueel op alle skepsels aangebring, nes die keiser se stempel op dít aangebring is wat deur hom, die keiser, gemaak is – geld is ’n tipiese voorbeeld, is geskep vir kommersiële, wêreldse doeleindes. Maar as die keiser wette passeer wat mense aanmoedig om strydig met God se verbod vir mense, op te tree, dan oortree die keiser op God se gebied en sal sulke wetgewing vervloek wees. God vervloek mos ongehoorsaamheid aan Hom.
Wat ons land aanbetref, was die heersers, ons volk, nie geregtig om God se ander skepsels, die nie-blankes, so te onderdruk nie. Dit, kortweg. God het talle gebede van mense wat daaronder gely het, toegestaan en verlossing gebring soos net God in Sy Wysheid, kan doen – ’n inspirasie tot vrywillige en vreedsame magsverskuiwing, want só los God probleme tussen sy gelowige kinders op. God haat rebellie – en só sien ons hoe die Afrikaner bewegings wat na 1994 oornames beplan en probeer het, verneder is. Dit is hartseer om te sien, want dit is ons mense, maar as selfs ons mense rebelleer teen God se bestel, dan is dit verdoem.
God het toegelaat dat die wat verdruk was, verlos word en die mag in hande kry – hulle, die nie-blankes, se belofte aan die burgery én aan God, Wie hulle vir hul verlossing moet dank en eer, was dat hulle nié mense sal verdruk en verneder, soos daar met baie van hulle gebeur het, nie. Soos God met almal maak wat aan Hom beloftes maak, wag God dat die huidige regering sy beloftes nakom en gestand doen – en sal Hy sekerlik wéér ingryp as dit nié gedoen word, nie, want God staan die gebede van regverdiges toe, soos dit alreeds gebeur het.
Geen regering of wetgewer het die reg om met sy wetgewing op God se Eer en Woord te trap nie – God duld dit mos nie en só ’n regeringe is nie standhoudend nie.
Ongeag die mag van die satan, is God altyd daar vir sy heiliges. Aan hulle, dit is ons, die ware gelowiges (jy kan mos ook een wees as jy sou wou mits jy nie al die Heilige Gees met jou verskriklike gelaster bedroef en belaster het, nie), het hy mag gegee oor die satan.
Wie ookal teen God en Sy Gesag rebelleer, stort een of ander tyd, op God se tyd, plek en manier, ineen. So sal dit ook met die agnostici wees. Die res van jou snert ignoreer ek.
Groete,
Kobus de Klerk
Kobus, Kobus, Kobus,
Nee wat, gaan eers weer terug na die eerste deel ...
Exodus 20: 1-3 lees: "Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê: Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie."
Enige katolieke katkisant sal vir jou kan antwoord dat die eerste gebod waarna jy verwys, heel waarskynlik na iets in hierdie drie verse in die Bybel verwys en dat Suid Afrika donders ver van Egipteland is - al is ons saam op Afrika se kontinent.
Ek kan my op GEEN manier voorstel hoe die Grondwet teen hierdie drie verse gelees, God verloën nie.
Wetsgehoorsaamheid aan ons Grondwet godloënend?
Kobus, 'n wet soos ons Grondwet veronderstel maar net om deur middel van goeie wet en orde aan elke mens ongeag geloof/ongeloof/taal/kultuur/geslag/ras ... 'n gelyke waardigheid (respekte) te gee.
Nie dat jy jouself aan wet en orde sal steur nie want hoe gaan jy bestaan as jy nie ander in hul geloof of ongeloof kan minag en haat nie?
Ander voel weer oor ras soos jy oor jou sekte voel.
Genadiglik lewe ons in 'n land waar elkeen waardig kan wees ongeag hul "spirituele onnoselheid".
Wat jou antwoord op die tweede deel betref; verras ons nou deur saam met ons geliefde Aartsbiskop Desmond Tutu in gebed te kniel oor die onreg teen ander in ons Afrikanerdom se geskiedenis.
Jou broeder in Adam,
Ekke
Cornelius,
Jou insigloosheid en botheid is absoluut verbysterend… Jy oortref alle perke daarvan - die meeste ander agnostici inkluis. Jy weet waaragtig niks…
Ek gaan jou lepelvoer en dan moet jy heenskeer :
“Deuteronomium 6: 5
Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
Mattheus 22:
36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?
37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
38 Dit is die eerste en groot gebod.
39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
Mattheus 17:
17 MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.
18 Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.
19 Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.”
Selfs die derde vers wat jy aanhaal, is deel van die Eerste en Groot Gebod…
Aan onnoselheid kan mens iets doen – jy, daarenteen, wil nie iets aan joue iets doen nie. dit is slég.
Kobus de Klerk.
Gelukkig voorsien die Grondwette van meeste beskaafde lande dat Godsdiensvryheid gewaarborg word. Dit veronderstel ook die reg om SONDER GODSDIENS te mag bestaan.
Daardie reg word myns insiens deur alle geloof-franchises en veral die fundamentalistiese dwepers verkrag.
Dus Kobus, geniet jou rol en veronderstelde voorregte as tempelprostituut terwyl ek weier om op jou vlak te debatteer. Fundamentaliste weet alles sonder dat hulle iets weet. Hoe anders regverdig julle die voorlegging van bewyse uit die Bybel dat wat in die Bybel beweer word, voldoende bewys is dat dit korrek en waar is?
Nou wat de wieldiertjies het jou tekste uit die Bybel met die Grondwet te doen?
Kobus, danksy ons nuwe werf staan elke waentjie netjies gehak aan jou vuil lokomotiewe.
Daarom kan enigeen nou saam met my jou hatige gedweep uit die Bybel hierbo aangehaal lees, en dan self die verband tussen jou oordrewenheid en die Grondwet daarin te soek.
Miskien is ek net te haastig, dalk is jou "deel twee" reeds gestuur ... miskien het dit totaal ontspoor ...
Nietemin, ek wag in spanning dat jy nou jou Bybel tekste in hul teenstelling met die Grondwet vir my met 'n lepel sal voer ... of te wel; HOE is die Grondwet dan nou godslasterlik gelees teen jou aangehaalde tekste uit die Bybel?
Cornelius,
Dit help nie om vir ’n sot dinge oor en oor te verduidelik nie - hy sal dit nie verstaan nie, want hy het nie wysheid en insig nie. Jy is mos een.
Ander mense sal onmiddellik snap dat die Eerste Gebod beteken dat mens, as primêre deel van jou liefde vir God, God sal en moet gehoorsaam (1 Samuel 15:22; Prediker 4:17; Hosea 6:6; Lukas 6:46; Mattheus 7:21; Handelinge 5:29), dit wil sê, in alles wat God verorden het vir die mens. Dat mens niks doelbewus sal doen wat God bedroef of vir Hom tot aanstoot is, nie. God beskou afvalligheid van Hom ’n gruwel in watter formaat dit ookal voorkom.
Enigiets wat afgedwing word in enige wet of grondwet, onder meer, wat vir God ’n gruwel is of vir God probeer weerspreek, is strydig met die Eerste Gebod.
“46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?”
“6 Want Ek het ’n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.”
Kobus de Klerk
Kobus, al wat jy doen is om my te probeer neerhaal en te vervloek. Hoekom verklaar jy nie net eenvoudig HOEKOM ons Grondwet volgens jou "begaafde interpretasie" godslaterlik is nie? Wat in ons Grondwet is 'n gruwel voor God? Wat in ons Grondwet weerspreek God? Wat in ons Grondwet is strydig met die eerste gebod volgens jou?
Genade, Cornelius, is jy ernstig met jou vrae? Kan jy nie God se Eerste Gebod neem en dan met die grondwet vergelyk en self sien nie? Is jy dan blind?
Ek weet jy ken nie die inhoud, werking en implikasies van God se Eerste Gebod, nie, dit is báie duidelik… maar ken jy ook nie eens die grondwet waarop jy so aanspraak maak, nie? Of is die probleem dat jy werklik volkome insigloos is… in welke geval géén verduideliking en uitwysing, hóé direk ookal, jou sal baat nie, weens jou absolute botheid.
Maar kom ons probeer.
Twee soorte báie ooglopende bepalings van die grondwet is direk strydig met God se Gebooie – Eerste én Tweede Gebooie – naamlik die aanmoediging daarin om religieë aan te hang, selfs al minag dit God of die bestaan van God, soos ateïsme en selfs satanisme, waar dié direk op gelyke vlak met die ware Godsdiens gestel word. Dan is daar verskeie ander bepalings ook, wat optrede aanmoedig wat direk strydig is met God se Gebod in die sin dat HY dit verbied.
Daarom sal God sulke bepalings en optrede ingevolge daarvan, nie beskerm en seën nie… vir die eenvoudige rede dat God nóóit teen Homself, Sy Woord, sal optree nie.
Dink jy dié dinge maak God gelukkig? Sekerlik tog nie. Indien nie, is dit mos duidelik direkte oortredings van God se Eerste Gebod, deur doelbewus of onagsaam teenoor God, dinge te doen wat God bedroef. OOk dan indirek die Tweede Gebod, omdat mense wat teen God se Wil optree, uiteindelik onenigheid daardeur bewerkstellig en selfs haat en geweld - as God ’n ding nie seën nie, sál dit uiteindelik op haat en geweld uitloop. Ons sien dit mos alreeds vir hoe lankal, oral om ons heen.
Moet mens jou dan in soveel detail lepel voer? Ag nee, man. Probeer tog self ook iets vermag hier.
En dan weer jou geteem oor jouself. Waar vervloek ek jou? Of ken jy ook nie eens die betekenis van daardie woord nie? Dit beteken ook verdoem. Dit is mos nie wat ek met jou doen, nie? Ek waarsku jou dan juis dat jou optrede teenoor God jou vir jou self ’n vervloeking is… kan jy nie eens dít begryp nie?
Jou neerhaal? Ék? Maar sekerlik nie – wat ek wel doen, in jou eie belang en dit vir jou in soveel woorde al hoeveel male uitgespel het, is om aan jou uit te wys hoe jy deur jou optrede jouself neerhaal, sonder dat jy dit besef. Dit is in jou belang om aandag te gee aan wat ek sê, want dit is waarskuwings…
Hou op om jouself te bejammer en probeer opreg besin oor die kruks van die saak waaroor gepraat word.
Kobus de Klerk
Hel nee Kobus de Klerk; ... "aanmoediging in die Grondwet om religieë aan te hang (terwyl jy heel paradoksaal daarmee geloof en ongeloof ook gelyk daarin sien staan)"?...
"Die Grondwet dinge doen wat God ongelukkig maak en bedroef"? ....
"Wetsgehoorsaamheid aan die Grondwet optrede teen die wil van God beteken"? ...
"Die Grondwet onenigheid, haat en geweld bewerkstellig"? ...
Kobus, indien ons Grondwet enigiets behalwe orde in die gelykwaardigheid van almal sou aanmoedig, dan sou dit juis wees dat jy jou naaste moet lief he (respekteer) soos jouself.
Dit bring jou natuurlik voor die skuiwergat van; "wie is jou naaste"?
Geen agnost, ateïs of mens op aarde wat anders as jy glo tel sekerlik as jou naaste nie. Jy stel dit prontuit dat nie een van hulle so "slim" of "goed" kan wees soos jy nie.
Nee, jy's veel slimmer as enige ander wat jou nie wil eer nie en jy hoort dus daarom as vanselfsprekend meer geag te word - as deel van die boonste burgerlary nes die Farsieers en Skrifgeleerdes van ouds.
Kobus, nes jy het die Fariseers ook gedweep dat die tien gebooie mense op die smal weg en deur die nou poort heen "aanmoedig".
Dis algemeen bekend dat hartelose onderdrukkers soos jy wat "aanmoediging" (of gebrek daaraan) in morele wette lees, gewoon gewetenlose en gevaarlike fundamentaliste is. Dis hulle wat Jesus Christus gekruisig het!
Menige oorlogshond (soos in Pink Floyd se "Dogs of War") se resep is op "aanmoediging" deur middel van morele wette geskoei.
Die gevalle Bin Laden se baardpatrollies is vandag steeds voorbeeld in hul "aanmoediging" daarvan deur die verminking en teregstelling op die wreedste maniere denkbaar van vroue wat dit sou durf waag om af te dwaal van hul religieuse wette.
Wel Kobus, ek moet jou geluk wens in jou meerwaardige waansin want jou sensasionele "volledige briewe" staan reeds sewe uit die tien "meeste kommentaar" vol. Nes Juju haal jy ook die voorblad - bliksem, dis goed.
Kobus, jy het dringend hulp nodig en ek bedoel dit opreg!
Jy mors kuberspasie, Kerneels! Jou onsamehangende geteem-en-gekrys is inhoudlose kaf.
En dan kan jy ook maar nie van die jaloesie ontslae raak nie.
Wat dit eintlik beteken Kerneels, die gesprek met jou is klaar - jy is leeg - wie stel in elk geval daarin belang? Iemand wat jou aanpor om agterna met jou die spot te dryf?
Koebaai!
Kobus de Klerk
Nee ou Kobus, jou "begaafde intllek om te interpreteer waaraan jy geroep is om ander te breek" (met verwysing na die gesig wat jy aan die hange van Gordonsbaai destyds ontvang het), het jou ingehaal.
Jy't niks oor behalwe om beledigend te wees nie.
Jou aanslag op die Grondwet van Suid Afrika is nog duidelike bewys van jou waansin.
Is daar enige ander sekte behalwe Kobus de Klerk wat sou beweer dat die Grondwet God bedroef? Wie sou saam aanvoer dat wetsgehoorsaamheid teen God se wil is? Wie kan glo dat die Grondwet aanmoediging is om religie aan te hang?
Wel, dis die soort onsin wat die ou grote Kobus met sy oneervolle private profiel gebruik om die meeste komentaar te vermag.
Genadiglik kon ek ou Kobus in sy prestasie bystaan en die geleentheid gebruik om die teendeel op sy "kuberruimte" te plaas.
KiwiSA,
Jy weet ook seker darem dat sulke menslike wetgewing mens nie teen jouself kan beskerm nie en beslis ook nie wanneer God jou oor jou eie doen en late en jou gebrekkige/nie bestaande verhouding met Hom, tot verantwoording gaan roep, nie?
Jy sê jy weier om op my vlak te ‘debatteer’? Hoekom bly jy nie maar eerder stil nie, want ek het mos nie geweet van jou voor jou briefie nie, en sommer so in isolasie beteken jou ou niksseggende briefie net mooi niks. Dit is dus duidelik dat jy wil debatteer (hoekom ander sal jy kommentaar lewer), maar jy sien nie kans nie – teen hierdie tyd weet jy mos nou al wat my ‘vlak’ is, ’n vlak waar jy by voorbaat weet jy gaan nie kan bykom nie?
Nogal ’n wyse standpunt gegewe jou agnostiese oriëntasie. Maar dan weer, die onwysheid van daardie enkel ou briefie waarin jy wél met my praat om vir my te vertel jy wil nié met my praat nie!? Jy besef dit is simpel, nè ? Of is selfs dít bokant jou 'vlak'?
Kobus de Klerk
Dis juis die ding, Kerneels - mens kan jou an jou neus rondlei en woer-woer solank mens wil - net omdat jy praatsiek en selfbehep is.
Baai!
Kobus de Klerk