Gou sal ek geskiedenis wees

  • 0

Gou sal ek die een wees
wat outydse klere dra in die
familiefoto, my bal-en-klou-pote
probeer wegsteek. Daardie glimmende
effies in die brekerlaai sal hulle
aan die raai hou. Agatha Christie
nieteenstaande sal ek spinnerakke
en opgefokte goeters agter
rakkaste wees, krapperige
musiek en boeke met vergeelde
idees. Ek sal ’n dapper Pirelli wees
wat die renaissance inwag, ’n
Maginot-lyn-pilboksies, ’n
geurige klerekas vol
pouvere, ’n toonkamer van o
so baie “Nie onder my dak
nies!” Mense mag
my soort onthou dwalende
in museums op reënerige
namiddae

 

(Vertaling van Mike Alfred se “Soon I’ll Be History” uit New Coin 32(1), Mei 1996)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top