(’n heroïese prentjie) (variasie op ’n Neruda-tema)
daar in hulle hoofkwartier
is die diktators altyd so uitgesproke
ongeduldig om uit hul groot swart leerbaadjies te kom
wanneer hulle formeel geroep word vir die middagete
party met pragtige hoertjies vir die dag –
blinkbeenmeisies met goed-opgeskote borste en versierde
langhaksandale as hoogtepunte van nag-
na-nag se politieke mag –
en innig omring deur die kil en ongelukkige lede
van die blouligbende

