Beste Angus,
Met jou skrywe oor "Die Geskiedenis van die Christendom" van 2012-01-26, het jy die verwagte histeriese reaksie uitgelok van diegene wat kies om met oogklappe en tonnelvisie die Bybel lees. Jou karakterisering van die Jode-stamgod van die Ou Testament is op die punt af, en vervul die kriteria van volksmoord, van 'n Oosterse despoot wat sy uitverkore volk opdrag gee om die "gelofteland" skoon te vee van al die nasies en stamme wat reeds daar gewoon het. So vervul die aksies en hierdie god van die Ou Testament die Verenigde Volke se definisie van "genocide", gedefineer as " acts committed with intent to destroy, in whole or in part, a national, ethical, racial or religious group, as such ... 'n Mens sou ten minstens van 'n intelligente god verwag om sy uitverkore volk 'n land binne te lei wat onbewoon was. Was dit dan nodig om al daardie kindertjies en vrouens dood te maak?
Eintlik is daar geen Christelike geloof as sulks nie maar 'n Joodse-Christelike geloof. Sonder die Ou Testament sou daar dan geen Nuwe Testament kon bestaan nie. En die grootste gros Christene raak heeltemal deurmekaar omdat hulle met twee Jode-gode in hulle psige sit, beslis 'n skisofreniese toestand van twee antagonistiese gode, een uit die Ou, en een uit die Nuwe Testament. Om dinge nog meer te kompliseer is daar ook 'n Derde God betrokke, by name, die Heilige Gees. Ons word vertel dat ons net maar moet glo dat al drie Gode verskillende persona van die een God is, en dat dit tog nie 'n kwessie van politeïsme is nie, maar watter een dominee op die ou end in die lewensbeskouing van Christene? Die aanhitser van "genocide", wraak en straf, of die God van genade en Liefde?
Konstantyn was geen pragbeeld van 'n Christen-mens nie maar 'n uitgeslape politikus en pragmaticus wat sy mag gekonsolideer het deur uniformiteit af te dwing op al die destydse Christelike sekte in sy ryk, en daar was honderde van hulle.
Onlangs het ek van 'n Anglikaanse dominee gehoor dat mens nie meer vandag van 'n jonger geslag kan verwag nie om die Nicea-geloofsbeleidenis, soos dit tans staan, te pappagaai nie.
Ja, dit is moeilik om eerbied, respek en agting te toon vir gelowiges wat nooit die grondslag van hulle geloof onder die vergrootglas ondersoek het, en al die feëverhale en mites van die Bybel vir soetkoek opvreet.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
Hallo Pieter,
Dis gaaf om jou ook weer op ons nuwe werf te lees.
Groete,
Ekke
Hallo Pieter,
Bitter min Christene weet waaroor die Konsilie van Nicea gegaan het. Hulle gaap oopmond as jy hulle daarvan vertel. Hierdie stukkie geskiedenis het juis my oe oopgemaak en my laat besef dat ek al die jare vir die gek gehou is!
Groetnis,
Perdebytjie
Welkom terug, Pieter. Nou voel ek sommer tonne beter: my ou vriend het weer van hom laat hoor.
Ons weet mos nou al dat Redelinghuys ’n lid van die Anglikaanse kerk is – mos nou al uitgewys. Seker vandaar dat hy ook mos nou die Anglikaanse ‘dominee’ die uitlatings hoor maak het.
In ’n ander antwoord wat ek hier gepos het, verwys ek na die sataniste wat die kerke as lidmate binnedring en ook dikwels ampte daar beklee.
Nou, die optrede van Redelinghuys deur sy aanmerkings hier, is duidelik agteraf – ek is baie seker die Godslasterlike aanmerkings wat hy hier maak en al baie in die verlede gedoen het, weet die ‘dominee’ nie van, nie en ook nie sy mede gemeentelede nie.
Watter tipe mens glimlag van die kerkbank af in die gesig van mede-lidmate en die dominee, geniet gemaak-vroom hulle samesyn, prewel gemaak-vrome woordjies en maak al die regte geluide sodat hulle nie attent gemaak word nie … maar steek hulle en dit waarin hulle glo en God vir Wie hulle aanbid, agteraf so gruwelik in die rug?
Dit is soos die werk van ’n satanis in die kerk is – weersinwekkend om dit in aksie te sien.
Selfs die Romein het gewaarsku teen so ’n mens. Cicero, die befaamde Romeinse skrywer en digter:
“A nation can survive its fools, and even the ambitious.
But it cannot survive treason from within.
An enemy at the gates is less formidable, for he is known and carries his banner openly.
But the traitor moves about those within the gate freely, his sly whispers rustling through all the alleys ... He speaks in accents familiar to his victims, and he wears their face and their garments. He appeals to the baseness that lies in the hearts of all men. He rots the soul of a nation ... A murderer is less to fear.”
Die loon van Judas Iskariot wag op hulle… want niks is vir God verborge nie.
“22 Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde.” – Psalm 55
“12 ’n Deugniet, ’n kwaaddoener is hy wat met ’n valse mond rondloop,
13 wat met sy o? knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee;
14 in wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai.
15 Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.” – Spreuke 6.
Laat dit so wees.
Kobus de Klerk
Net jy, Kobus, kan Cicero aanhaal en hom geforseerd laat klink!
Ag, wat ou Chris, vir jou sal alles ek sê en almal wat ek aanhaal, 'geforseerd' klink, ongeag dat dit nie so is, nie. Ons weet mos dat jy oor my baie vooropgestelde en bevooroordeelde issues het.
Dit is jou probleem, mens, nie myne nie – nóg 'n las wat jy in jou binneste ronddra. En dan sê jy Kerneels het issues? Twee regte ou pakkamele is julle. Jul twee sal wragtig sukkel om by die Oog van die Naald, die Kameelpoort, in te gaan, wat nog te sê...
Jy weet, afgesien van my eie ervaring en dié van die klomp mense wat ek ken, is dit mos nou al deur navorsing ook al aangedui dat, oor die algemeen, gelowiges baie gelukkiger, selfs gesonder, mense is, as ander wat nie gelowiges is, nie... dit maar sommer so terloops.
Groete vir jou. En sterkte, op die moeilike pad wat jy kies om nou te wees. Mag jy gou jou weg terugvind na die HERE - hierdie keer opreg.
Kobus de Klerk