Gebed om die gebeentes

  • 0

O digterlike vaders wat woon in bloemlesings,
gepasticheer, geparodieer, gepersiflage u naam,
laat ons u nogmaals lees in ander vorme
soos in die oorspronklike, nes in die afskynsels;
gee ons vandag ons inspirasie,
vergeef ons die blatante plundering
en misdoen in die skoene van die ou grotes.
Laat kom ons nie in versoeking,
met ’n sekel of simbaal
of papegaai-eggo’s,
want u bly die grootste én die sterkste
al is kuns so boos so boos,
u het ’n Eiendoms Onbeperk,
u is gesteenbok en gepoolsee,
u is die suiwerste wiskunde,
’n volledige, finale allotroop.

Vir ewig en ewig, amen
vir ewig en ewig, amen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top