Foto's: Die 21ste Absa KKNK bekendgestel

  • 0

Die 21ste Absa KKNK vind vanaf 3 tot 11 April 2015 op Oudtshoorn plaas. Die program is Sondag by die Katedraal Kelder in die Paarl bekendgestel. Die Absa KKNK het terselfdertyd die Onbeperk-wenners vir 2015 bekend gemaak.

Die mondigwording van die Absa KKNK is gevier met 'n langtafel-ete vir 180 gaste.

Wim Vorster en Nicola Hanekom. Nicola is vanjaar verantwoordelik vir die teks en regie van In glas.

Anet en Ton Vosloo

Rhodé Snyman en Niël Rademan

Paul Bayliss, Absa se kuns- en museumkurator, saam met kunstenaar Sandra Hanekom

Peter Magubane se uitstalling Die Afrikaners: 'n werk in wording is vanjaar by die Absa KKNK te sien. Tydens die bekendstelling was hy steeds besig om te dokumenteer.

Mike van Graan

Wilken Calitz en Zanne Stapelberg het vir vermaak gesorg.

Marion Holm kom vanjaar na die fees met Die Kaap is weer Holms.

Die tema van vanjaar se Absa KKNK is "Hoe spel jý fees?".

Sandra Prinsloo is vanjaar in Die seemeeu te sien en is ook verantwoordelik vir die regie van 'n Kat in die donker.

Feeskunstenaar Berni Searle

Paul Bayliss het die gaste namens Absa verwelkom.

Rhodé Snyman en Theo Kemp

Deon Opperman het die teks van die kykNET Silwerskerm Pops geskryf.

Peter Magubane het die Kunste Onbeperk-prys vir Lewensbydrae ontvang.

Wessel Pretorius is bekroon met die Afrikaans Onbeperk-prys vir 'n Jong Stem. Wessel is vanjaar by verskeie produksies betrokke, en speel onder meer in Al julle volke.

Nicola Hanekom het die Afrikaans Onbeperk-prys vir Vernuwende Denke ontvang. Hierdie prys word toegeken aan 'n individu wie se Afrikaanse skryfwerk as vernuwend en grensverskuiwend beskou kan word.

Bill Sharp het die commendatio gelewer vir Verna Vels, wat postuum vereer is met die Afrikaans Onbeperk-prys vir Lewensbydrae.

Wessel Pretorius en Roeline Daneel. Roeline speel vanjaar in Sandton City grootdoop, wat deur Wessel Pretorius geskryf en vervaardig is.

Brendon Daniels en Albert Maritz. Brendon is te sien in Siener in die suburbs, terwyl Albert Maritz onder meer die teks geskryf het vir die plekspesifieke teaterstuk Dirk Ligter.

Saartjie Botha is vanjaar by verskeie produksies betrokke. Sy is onder meer verantwoordelik vir die vervaardiging, vertaling en verwerking van Moeder Moed en haar kinders, gegrond op Mutter Courage und ihre Kinder deur Bertolt Brecht.

Marius Weyers tree vanjaar op in Die seemeeu.

Riaan Visman, Sue Pyler en Shireen Mustapha

Karen Meiring, M-Net Direkteur: Afrikaanse kanale

Janine Neethling is bekroon met die Kunste Onbeperk: Kruispunt-prys. Die Kruispunt-prys vereer 'n rolspeler wat op vernuwende wyse te werk gaan om 'n kruisbestuiwing tussen verskillende kunsvorme en uiteenlopende kunstenaars te bewerkstellig. Janine tree vanjaar op in onder andere Taal van my hart en Amanda Strydom: Die hele boksemdaais.

Marius Weyers het die Kunste Onbeperk-prys vir Vertolking ontvang. Lees hier die commendatio wat deur Evette Weyers gelewer is.

Zanne Stapelberg is vanjaar in die pantomime Liewe Heksie: Flower Power te sien.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top