Die ATKV-Woordveertjies vind vanjaar op Vrydag, 13 September by D’Aria, Durbanville plaas.
Tydens hierdie prestige-geleentheid word uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord bekroon. ’n Uitgesoekte groep gaste sal getrakteer word met spesiale spyse, pryse en woordvermaak.
Finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die volgende kategorieë, sluit in:
ATKV-Prosaprys
• Onse vaders – Karin Brynard (Human & Rousseau)
• Die twee lewens van Dieter Ondracek – André Krüger (Human & Rousseau)
• Die vloek – Johan Kruger (LAPA Uitgewers)
Prys vir Liefdesroman
• Eendagmooi – Kristel Loots (LAPA Uitgewers)
• Maanschijnbaai-tweeluik – Chanette Paul (LAPA Uitgewers)
• Die skrywer – Esta Steyn (Tafelberg)
Prys vir Poësie
• Pirouette – Aniel Botha (Queillerie)
• Kry my by die gewone plek aguur – Loftus Marais (Tafelberg)
• Om die gedagte van geel – Petra Müller (Tafelberg)
Prys vir Romanses
• Glansheld en die koerantprinses – Bernette Bergenthuin (LAPA Uitgewers)
• Boks vol soentjies – Dina Botha (LAPA Uitgewers)
• Liefdesdroom – Mari Roberts (LAPA Uitgewers)
Prys vir Spanningslektuur
• Onse vaders – Karin Brynard (Human & Rousseau)
• Die afreis van Abel Lotz – Chris Karsten (Human & Rousseau)
• Skoenlapper – Irma Venter (Human & Rousseau)
Prys vir Dramateks
• Trippie – Nicola Hanekom
• Oorsee – Tertius Kapp
• Die onsigbare kind – Bauke Snyman
Die Kinderboektoekennings en Woordwystoekenning se wenners word ook tydens hierdie geleentheid aangekondig.

