Titel: 35 Kruisiesteekpatrone
Skrywer: Karen Adendorff
Kategorie: Niefiksie: Handwerk
Formaat: Sagteband: 210 mm x 280 mm
ISBN: 9780799351965
Handwerk is deesdae baie gewild en om jou eie stempel op jou dekor af te druk, gee jou ’n huis met sy eie persoonlikheid.
Kruisiesteekwerk is glad nie moeilik nie en enigeen kan dit bemeester deur net ’n paar basiese beginsels te volg. Hierdie boek gee ’n duidelike uiteensetting van die basiese beginsels sowel as alles wat jy mag nodig kry om dit maklik en genotvol te maak.
Die boek fokus op interessante versierings soos knope, kussings, badsakkies, drasakke, harte en so meer tot die meer tradisionele merklappe wat geraam kan word. Daar is klein projekte vir die beginner asook groter projekte vir dié wat hou van ’n uitdaging en meer tyd op hande het.
35 Kruisiesteekpatrone is weereens klassiek met net daardie titseltjie moderne flair.
35 Kruisiesteekpatrone sal in Augustus by toonaangewende handelaars beskikbaar wees.



