By die Boer restaurant teater in Durbanville
Vrydag 12 September om 20:30
Kaartjies- R130
Bespreek: 021 979 1911 of direk aanlyn by www.dieboer.com
Suid-Afrikaanse kabaretster Elzabe Zietsman oortref haarself met die Kanna bekroonde-kabaret Agter Glas.
Glas dateer terug uit die steentydperk. Dit was as waardevolle artikel beskou wat selfs met juweliersware moes meeding. Glas bestaan hoofsaaklik uit sand, plantas and kalk. Ondanks glas se lang geskiedenis, is die ontwikkeling daarvan nog ver van klaar.
Die kabaret Agter Glas met Zietsman en Janine Neethling is soos glas – verleidelik, helder en skerp. Dit is ook op DVD beskikbaar – ‘n eerste vir Elzabe.
Die hoofbestanddele is korrels sand in die vorm van sosio-politieke kommentaar wat in skitterende glas kristaliseer met Elzabe se unieke byblywende stem en Janine se meesterlike komposies en verwerkings.
Die koppelteks en lirieke, geskryf deur Emma Bekker, bestaan uit fyn deurdagte sketse en lirieke met ‘n sterk subteks. Op die die oog (of is dit oor) lyk/klink die stories doodgewoon. Dit is slim, daag die verstand uit om te ontdek en wissel van die absurde tot ragfyn politieke kommentaar. Plek-plek is dit stout, of is dit net oor blomme?
Getrou aan die Zietsman-handelsmerk bevat die vertoning twee Kramer-liedjies; Frikkie en die hartverskeurende Botteltjie Blou. Met die uitsondering van vier nommers is al die liedjies rege egte oorspronklike Afrikaanse musiek.

