Elvis Blue by Die Boer teater

  • 0

Waar: Die Boer, Durbanville
Wanneer: 5, 6 November om 20:30
Kaartjies: R170

Na drie jaar se gebeitel is Elvis Blue gereed om met sy indrukwekkende aantal aanhangers ’n deel van sy persoonlikheid as sanger en liedjieskrywer te deel wat hulle dalk nog nie sal ken nie.

Ons almal ken en respekteer hom as wenner van vele Suid-Afrikaanse Musiekpryse (Samas) en as suksesvolle sanger met multi-platimumverkope op sy kerfstok, maar nou keer Elvis Blue terug na sy wortels met ’n album wat eenvoudig ‘AFRIKAANS’ heet.

Twaalf oorspronklike snitte en ‘n bonussnit om die liriese viering van sy taal af te rond maak van ‘AFRIKAANS’‘n album wat op verskeie vlakke tot almal spreek maar ter selde tyd heeltemal apart staan van enigeiets huidiglik in die afrikaanse mark.

“Ek het hierdie liedjies vir Tannie Susan geskryf,” verklap Elvis. “Sy is getroud en het twee kinders. Die jongste is ses en die oudste 13 en sy is mal daaroor om lekker kos te kook – amper net so veel as om na musiek te luister,” glimlag hy. “Dit is vir almal om te geniet.”

Die eerste enkelsnit, ‘Rede Om Te Glo’, is al klaar ‘n groot treffer en word gereeld op radiostasies regoor die land gespeel. Elvis se buitengewone vermoë om die kern temas in ons kultuur te verstaan en roerend te verwoord in sy lirieke,dit wat vir ons almal relevant en belangrik is, maak van hom ‘n kunstenaar wie se woorde vir generasies vorentoe steeds gaan betower.

“Ek lê my siel bloot,” verduidelik hy. “Hierdie album en sy liedjies is ‘n hoofstuk - ‘n dokument in tyd - van emosies. Dit is netjies ingeryg en vertel ‘n verhaal wat aan ons almal bekend is.

“Toe Ons Jonk Was”, “Mooi”, “Hoop In Die Donker” en “Liefling” is almal ‘n toonvenster van hoe oorspronklik en uniek ‘n mens jouself in Afrikaans kan uitdruk. Nie net op die album nie, maar ook as taal in die geheel.

“Ek het lief in Afrikaans. Ek droom en slaap daarin. Waarom sal ek nie ook in Afrikaans musiek opneem nie?” vra hy. “Hierdie album is propvol boodskappe en melodieë wat nie te ver beweeg nie van die plekke waar ek die afgelope paar jaar suksesvol deurgebring het. Die liedjies op Afrikaans maak my so opgewonde as toe ek ‘Things My Father Said’, ‘Lighthouse’ en ‘Lifeline’ vir die eeerste keer op radio gehoor het.”

Ingesluit is ‘n weergawe van Johannes Kerkorrel se klassieke treffer, ‘Hillbrow’. Elvis se interpretasie daarvan sal jou tref met sy rou emosie, gekontrasteer met die koel koorklanke van die Mzansi-jeugkoor. Voeg Coenie de Villiers se stem by die bonussnit, ‘Seën Gebed’, en die slotklanke sal jou noop om weer te luister.

Wees gerus – daar is nog baie waar al hierdie juweeltjies vandaan kom.

Afrikaans is positief, kragtig en - soos die geval met elke ander album van Elvis Blue - verslawend en elke keer lekker om na te luister.

Aanlyn Skakels:
Elvis Blue website
Elvis Blue op Facebook
Elvis Blue op Twitter
Elvis Blue op YouTube

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top