Soos dit vir my lyk, glo ekonome dat ekonomieë aanhoudend moet groei. Is dit korrek en is dit dan nog ’n realistiese verwagting vandag? Daar is nie meer lande om te koloniseer en dan jou produkte aan hulle af te smeer nie, terwyl jy goedkoop grondstowwe van hulle af invoer. Groei maak seker ook staat op bevolkingsaanwas, waardeur die vraag na goedere en dienste toeneem. Maar in die VSA en Europa groei die bevolkings nie meer nie, die geboortesyfers neem trouens af! In die lande waar die bevokingsgetalle wel toeneem, is die meerderheid mense geweldig arm (Afrika, Indië) en kan hulle nie die Westerse produkte bekostig nie.
Dan is daar ook die kwessie van mededinging: Sjina en Indië vervaardig self bykans alles wat hulle nodig het en soek self markte vir hul produkte. Hulle gaan beslis nie op groot skaal van die Weste en Japan begin invoer nie, hul eie goedere is goedkoper, weens goedkoop arbeid van al die armes.
Ek wonder of die hele beleid mbt wêreld ekonomiese groei nie hersien moet word nie, want dit lyk my die ou teorieë en beginsels is nie meer van toepassing nie.
Groete,
Varkspek


Kommentaar
Hello,
Hierdie is die uitdaging.
Na die krisis van 2008 was daar 'n gedeeltelike herstel van die ekonomie op 'n globale skaal maar nie genoegsaam nie.
Hierdie is 'n paradoksale gedeeltelike herstel, aangesien die herstel gepaard gegaan het sonder dat daar veel ekstra werk geskep is.
In die VSA byvoorbeeld het 5 miljoen werkers die arbeidsmark verlaat weens die feit dat die werkers moed opgegee het dat hul ooit weer werk sal kry.
Dit is 'n problematiese tendens aangesien dit bevestig dat werkers nie altyd geholpe raak nie en nie beperkings van groei bevestig en is hierdie persone verlore as moontlike gebruikers wat die ekonomie kon stimuleer.
Ook is dit so dat nie alle lande die roete van uitvoer kan volg nie om hul ekonomie aan die gang te kry nie en is dit 'n probleem waarvoor daar nie 'n maklike oplossing is nie.
Nie elke land kan 'n Sjina of 'n Duitsland wees nie.
Hierdie is ook 'n tweesnydende swaard, aangesien vraag bepaal word oor hoe sterk die aanvraag in lande waarna uitgevoer word is en indien dit swak is, sal dit weereens die groeikoers afdruk.
Daarom, in Europa is die groeikoers veel laer was wat dit in die verlede was, in die VSA is die koers beter as wat dit in Europa is, maar ook laer as wat dit in die verlede was en het Sjina ook al die afgelope jaar gereeld hul groeikoers afwaarts aangepas.
Die VK het 'n kontraksie beleef, waar die ekonomie die vorige kwartaal gekrimp het.
Suid-Afrika se koers word ook afwaarts aangepas.
Hierdie voorbeelde bevestig die afwaartse neiging en die swarigheid wat dit impliseer vir die burgery.
Sjina as 'n finale opmerking, sal die sprong van uitvoerder na plaaslike gebruik moet maak en so die middelklas wat in die land bestaan tot verbruik moet aanspoor en gebruikers moet word.
Hoe langsaam die verandering is, is onduidelik en dan sal die impak daarvan op die globale ekonomie weer ondersoek moet word.
Dit kan uitvoere na Sjina aanspoor en so die markte aanpor.
Die realiteit is dat ons in 'n onderdrukte tydperk is en dit nog 'n paar jaar kan neem om die foute van 2008 finaal ongedaan te maak, tot dan gaan dit pynvol bly.
Spanje se werkloosheid onder hul jeug is dieselfde persentasie as wat Suid-Afrika onder gebuk gaan, naamlik 25%, 1 uit elke vier jeugdiges.
Swarigheid net waar jy kyk.
In tegniese terme, die foute van die verlede moet eers likwideer, (Kenyes, Hayek) asook die stryd tussen "stimulus" vs "inperking" ook opgelos word.
Wat moet die rigting wees wat moet ingeslaan word?
Vandag bevestig Sjina die volgende:
Wen Jiabao, China’s premier, paved the way for a fresh round of pro-growth policies. Concerns over China’s slowing economy have weighed on global equities and commodities but Mr Wen’s comments were the clearest indication yet that Beijing planned to take policy action to stimulate growth.
“We should continue to implement a proactive fiscal policy and a prudent monetary policy, while giving more priority to maintaining growth”. Mr Wen outlined a broad set of incremental policy measures to keep China’s economic growth on track.
Asook hierdie slegte nuus vanuit die International Labour Organisation se kamp wat die volgende bevestig:
In its annual report on youth employment trends, the UN agency forecast the global youth unemployment rate would reach 12.7 per cent this year and stay at this level for at least the following four years.
Dr Ekkehard Ernst, head of the ILO’s Employment Trends Unit, said countries with the most acute problems such as Spain and Greece must try to stimulate their economies rather than reduce government spending.
“What is quite obvious with youth unemployment rates of over 50 per cent in these countries is the first thing that needs to be done is get jobs back … and that can only be done if you stimulate the economy, for instance through infrastructure programmes, which are very job rich,” he said.
Fiscal retrenchment in these countries is exacerbating youth unemployment, he argued.
“We have always been of the opinion that these really strict austerity programmes … are making the problem worse.
”Developed countries and the European Union have experienced the steepest rise in youth unemployment – which the ILO defines as ages 15 to 24 – since the financial crisis.
Developing countries have also experienced a rise in youth unemployment, particularly those in the Middle East and north Africa, where youth unemployment rates were already very high and rose further after the economic disruptions of the Arab Spring. The ILO predicted youth unemployment in the Middle East would rise from 26.9 per cent this year to 29 per cent in 2016.
Hierdie bevestig die slegte nuus waaroor daar in die oggend geskryf is voor daar by die dag se FT gekom is.
Hierdie is 'n opvolg op 'n verslag wat die ILO in Januarie publiseer het wat die stand van sake soos volg verwoord het en die basis was van wat ek vanoggend geskryf het.
In its annual report on employment trends, the UN agency estimates that global unemployment stood at 197m or 6 per cent of the workforce last year, still 27m above its level before the start of the financial crisis four years ago.
Hello,
Varkspek het 'n baie goeie vraag gevra met hierdie brief en die tydsberekening is goed aangesien die OECD se nuutste verslag nou uit is en die bevinding is soos volg, "the world was trying to return to growth”.
Die detail van hierdie verslag is nog meer tragies as Comestor se byl aanval (hatchet job) op Desmond Tutu. In kort is die vooruitsigte soos volg:
"A modest contraction of 0.1 per cent in the eurozone economy this year, compared with growth of 2.4 per cent in the US and 2 per cent in Japan. Germany appears to have little room for additional recovery, while Britain, France and Italy will experience stagnation at best. Overall, OECD countries are expected to grow 1.6 per cent, down from 1.8 per cent in 2011."
Daar is dus geen twyfel nie meer, die tyd van bome wat ten hemele groei sonder end het tot 'n einde gekom.
Daar is dus beperkinge en 'n belangrike sielkundige aanpassing om te maak in baie se gemoed dat daar wel beperkings is en dan die uitdagings wat dit bring.
Verskoning vir die woord "uitdaging", vertaal van die "challenges" wat dalk die mees gebruikte woord in Suid-Afrika is.
Baie dankie
Wouter
Ek is nie 'n ekonoom nie, so ek sit maar saggies hierdie stuiwertjie in die enorme armbeurs.
Soos ek die petalje betrag, skuld die wêreld meer as wat daar GDP voor bestaan, so waar kom die geldjies vandaan? Is dit daai onding genaamd "Fiat" geld?
Ek verstaan darem hoe kapitalisme werk, dis eintlik baie maklik, al wat jy hoef te doen is privatiseer die wins en sosialiseer die verlies, en siedaar, jy het 'n kapitalistiese land wat almal jou beny.
Ek weet nie vir wie die wêreld al daai geld skuld nie, dalk vir hul eie belastingbetalers? Soos beduie, ek is nie 'n ekonoom nie, so ek weet nie wie die rowers en opf_kkers is nie.
Maar ek sê vir myself, myself, moenie worrie nie, wanneer Messias terugkom fix hy al die gemors. Hy sal vir die klomp slim ekonome kom leer wat die Torah sê oor skuld, rente en jubilee.
Daarna voel ek sommer beter.
Onbekommerde groete
Duitswester