Eerste weergawe: Padlangs

  • 0

Vir haar

Wanneer ons, maar nie ek en jy, soms padlangs ry, op die langpad Bloem toe en selfs verby
Dink ek aan ons land se paaie as are, are na jou hart.
Terwyl pragbeelde van jou hoof deur my denke pols, laat die werklikheid my bloed stol.
Want elke boom herinner my aan die verband tussen herfsblare en jou donkerbruinhare.
Elke vlakte aan die leegheid sonder jou, elke springbok aan die rondings van jou bou.
Elke duif jou saffiere, elke apie jou lawwe giere, elke arend jou dieper ure.   
Ek moes lankal reeds omswaai of uitdraai, die bloedrooi stop tekens is wyd gesaai.
Maar tog sal ek volhard, al is die enigste pad na jou hart die snelweg van smart.

Die lewe draai snaakse paaie, dalk kruis ons paaie tog, dalk loop dinge tog reg.
Alle paaie lei na Rome, dus: lei alle paaie ook daarvandaan weg...
Soos ’n skoenlapper moet ek jou nou uit my gedagtes laat gaan
En jy sal nie terugvlieg nie, want jy ken ongelukkig nie die pad na die maan.
Weet net dat ek jou nou moet vergeet, maar altyd van jou sal hou.
Tog het ek ’n voorgevoel, nee, ’n sekerheid dat ek my besluit sal berou.

 

 

 

(Redakteursnota: Die eerste weergawes van die verse is sonder enige veranderinge opgelaai.)

 

Keer terug na die SkryfNet-indeksblad.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top