’n Donker wolkgordyn bedek die hemelruim
en agter toe houtdeure, tussen ou sandsteengange word planne beraam
’n Sekelmaan lê in afwagting vir die middernag se gebeure
nuuskierige sterre spring heen en weer
Die ondier roep in die verte
’n Geblêr van lammers weerklink in die veld
Die tyd het aangebreek,
Die tyd om te wreek.
Ogies glinster in die pikgietswart van die aand-
Die Sondaar.
’n Geweer vel sy vonnis neer:
doodstraf.
Sy lot is lankal voorspel.
Die son is besig om te ontwaak.
’n Gekletter van tarentale breek die swyende stilte.
Die middernag se gebeure is –
droomverlore en vergete.
(Redakteursnota: Die eerste weergawes van die verse is sonder enige veranderinge opgelaai.)

