Rond en bont
spring ek oral rond
baie tevrede
met my styl van lewe
Ek baljaar met plesier
op die rug van die dier
die arme hond
ag wat gee ek tog om
krap bietjie hier
krap bietjie daar
maar elke keer
gryp ek aan ’n nuwe haar
ek voel sommer tuis
dis mos die lewe van ’n luis.
(Redakteursnota: Die eerste weergawes van die verse is sonder enige veranderinge opgelaai.)

