Hello,
Blur se “Country House” is my natuurlike verwysing en nie soseer Béla Bartók se Bluebeard’s Castle nie, maar die gesproke inleiding is sonder weerga en die vind ek nie nou geredelik nie. Die herehuis is egter deel van my DNS en vind dit aansluiting tot die skrywes wat deur Comestor hier geplaas het oor Knole en hoe dit in my verwysings die roete na Virginia Woolf se Orlando bevestig en Sally Potter se filmweergawe met Quintin Crisp as Elizabeth I en Tilda Swinton as Orlando en Orlando se wedervaringe oor ‘n tydperk van 400 jaar en sy/haar se stryd om die landgoed as erfenis te behou. Knole met sy 365 kamers.
Hierdie inleiding bevestig ‘n moontlike rigting wat ondersoek kan word, naamlik die rol van die herehuis in fiksie en is dit duidelik dat die herehuis van Orlando soos alreeds gesien ‘n kardinale rol het in daardie verhaal.
Hierdie rol van die herehuis word dan voortgesit in Kazuo Ishiguro’s se The Remains of the Day en die filmweergawe daarvan, met Anthony Hopkins en Emma Thompson, waar Stevens, gespeel deur Hopkins in die huishouding van Lord Darlington en die gevaarlike spel tussen Duitsland en Engeland in die aanloop tot WOII en spesifiek Lord Darlington se mistasting oor die moontlikheid van vrede met Hitler uitbeeld. Die landgoed word na die oorlog verkoop aan ‘n skatryk Amerikaner.
Net soos met Kazuo Ishiguro’s se “The Remains of the Day” kan daar ook verwys word na “Brideshead Revisited” waar Emma Thompson die rol vertolk van Lady Marchmain en die herehuis weer ‘n belangrike rol speel of “Howards End,Waverley, Wuthering Heights, Mansfield Park, Northanger Abbey”en dan “Pemberley” van Darcy en nou meer onlangs Ian McEwan’s Atonement en die Tallis familie se landgoed.
Die tema van die herehuis en die landgoed is dus ‘n algemeen aanvaarde verloop in Engelse fiksie en is die verhale uitgelig hierbo dalk van die bekendste voorbeelde daarvan en is baie daarvan omskep in filmweergawes ook en is Jane Austen se verhale nie ‘n vreemde verskynsel in film nie en so ook EM Foster se verhale nie.
Hierdie brief fokus meer op die film weergawes van “Orlando”, “The Remains of the Day”, “Atonement”, “Brideshead Revisited” om met ‘n ompad by Robert Altman’s se “Gosford Park” van 2002 te arriveer en die draaiboek skrywer daarvan, Jullian Fellows.
Jullian Fellows is die skrywer van die uiters gewilde “Downton Abbey” wat die naweek, 19 Februarie 2012 op BBC Entertainment begin.
Dit is die verhaal van “Earl of Grantham” en die intriges soos dit afspeel in “Downton Abbey” voor die uitbreek van WOI en net na die sinking van die Titanic en hoe die dood van die erfgenaam van “Downton Abbey” met die sinking
van die Titanic en hoe dit die erfenis van “Downton Abbey” in die gedrang bring aangesien die volgende persoon
in die rangorde van moontlike erfgename ‘n vrou is en die erfgenaam moet manlike wees.
Net soos hierdie ‘n tydperk is waar dit aanvaar is dat persone defnitief gelyk is nie en daar geen huiwering is om klasverkille as die norm te aanvaar en so uit te beeld nie en dan is daar Maggie Smith, die ma van die “Earl of Grantham” wat absoluut met afgryse gevul word met die idee van demokrasie.
Die reeks is dit natuurlik werd net met Maggie Smith as ‘n anker daarvan.
Onthou dus om Downton Abbey te kyk toe almal hulle plek geken het en die herehuise magtig gestaan het om te wys wie is nog steeds in beheer.
My PVR is gestel, dalk kan Maggie Smith my oortuig dat demokrasie ‘n skokkende idee is.
Baie dankie
Wouter

