Digterstuin: O my gedigtetuin

  • 0

O hoe bly ek jou lyf op hoogtes soek
My hele wese roep uit na jou vrug
Ysberg blits vulkaan tot in elke hoek
Gooi ek nié tou op om jou te bevrug
Ek ry jou heelnag deur tot daglig breek
Dié tuin van my bemes ek jaar na jaar
In Sy paradys tot bloeisels uitsteek
Gesiggies tapisserie bo die blaar
Tonne humusverrykte kwatryne
Ego oor berge dale hemelruim
Tanka's “Pop-'n-Wheel” oor wit sandduine
Uit Japan klots haikoes soos branderskuim
In die limeriek sonnet vrye vers
Noem maar op ... sokkie ek met opsitkers

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top