Die Springbokspan

  • 0

My gewoonlike onbetroubare informant, Mutz Willigh, het my vertroulik meegedeel dat Heyneke nog ’n paar manne soek vir sy span teen die Engelse. Hy soek ’n maat vir Sagmoedige Victor, maar Bakkies maak geld oorsee en stel nie daarin belang om te kom speel om net vir Victor teen die boelies in die Engelse span te beskerm nie.

Heyneke voel sterk daaroor om veral ’n sterk agttal teen die Engelse in die veld te stoot. Hy oorweeg dit om een van twee slotte wat die pap dik kan maak oor te haal om te kom help. Voordat hy hulle egter kon kontak, het sy bestuurspan hom daaraan herinner dat albei wat hy in gedagte het, vir die span anderkant die Jukskeirivier gespeel het. Hulle is die twee vuurvreters, Kobus Wiese en Kevin de Klerk. Hy het dadelik van sy plan afgesien en besluit hy sal maar vir John [Softie] Williams vra om te kom help – in sy dae het hy darem vir die regte span gespel.

Heyneke is ook nie in sy skik met die twee flanke wat beskikbaar is nie en het besluit om Burger Geldenhuys en Thys Lourens te vra om te kom help.

Hy is deur verskeie rugbykenners daarop gewys dat Bang Pierre Spies nie op vorm is nie en dat hy Duanne Vermeulen se hulp moet kry, maar hy sien nie kans vir daardie oud-vrystater wat nou vir daardie spannetjie by Tafelberg speel nie. Klaar besluit, Bang Pierre sal die nommer 8 trui aantrek.

Mutz Willigh sal my op die hoogte hou van verdere verwikkelings.

Enjee

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top