Die nuwe, WARE Afrikaners ...

  • 8

Stories soos die volgende in VB is 'n riem onder die hart!

Hier het jy immigrante van China wat meer Afrikaan is as enige sg Afrikaners ... is dit tragies of eintlik inspirerend?

Ek meen, almal in SA is sooo fokken siek en sat vir die witte, siekke neo-nazi gebabbelas blêr, die alewige gekreun en steun, die gekerm en gekla van die SOGENAAMDE afrikanerstjies wat hier in SA gebore is!

Veral as jy splinternuwe puik, en gemotiveerde mense kan kry inplaas soos ons hier lees in VB:

’n Afrikaanssprekende Taiwanse sampioenboer in die Vrystaat help plaaslike boere om met biotegnologie van Taiwan blitsig sampioene te kweek om ’n ekstra inkomste te verdien.
Weng het in vlot Afrikaans, sonder enige aksent, vertel dat ’n sampioenboerdery die ideale manier vir enige boer is om sy inkomste aan te vul omdat hy heeljaar sampioene kan oes en verkoop. Dit is volgens hom ook baie maklik om met sampioene te boer omdat dit min geld en ruimte benodig.
Hy het skertsend bygevoeg dat die projek ook suksesvol is, omdat hy in Afrikaans die boere kan aanmoedig om met sampioene te boer.

Soeka met die sg fokkien KKKs, laat julle assemblief fokkof uit ons kakke land uit, gaan leef julle uit in die dwelmhole van OZ en NZ, en vat julle gotsdienste en kak kultuur saam!! Ons soek GEEN agtergeblewe sleepsels van julle hier meer ... daar is meer as genoeg plaasvervangers wat WARE Afrikane is vir julle dommetjies ...

Francois Williams

  • 8

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    (ek probeer weer) Beste François, ek wil graag 'n moontlike anagarika aan jou voorstel - die werf se promiskue en dekadente homoseksueel, Jaco Fourie (soos hy graag oor homself daarmee spog)!... ek hoop sy ergerlikheid en onthutstheid onder vele opskrifte met "Katoliek", "Vatikaan" en "Pouse" daarin,  vang jou oog ... die sn@#k@&&ie kan beslis BAIE by 'n toegewyde Lama soos jy leer! ... Namaste! Cornelius Henn

  • Pieter Redelinghuys

    Hello daar,

    Is dit long-time-no-see,  of long-time- no- hear?

    Dit is wonderlik om te hoor dat Chinese wat gewoonlik só intelligent is,  só waagsaam kan wees om hulle te gaan vestig in die Vrystaat  veral in die lig dat hulle in die verlede as "nie-blank" geklassifiseer is. Ek kan slegs wonder en bewonder.

    Onthou jy nog daardie ou grappie van jou provinsie? Wat is vinniger as 'n Lamborghini?

    Verder is jou afguns en jaloesie vir die gelukkige Suid-Afrikaners wat hulle heenkomste  in Australië en Nieu Zeeland gaan soek, niks minder as patologies. Volgens alle internasionale ondersoeke pronk hierdie lande heel bo aan die lys vir lewenskwaliteit. 

    Groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Ag ou Soois, nou dat jy nie meer kan verkondig hoe wonderlik die nuwe regering is nie (hulle self erken al hulle het dit toe nie gemaak nie) soek jy toe 'n ander stok om jou ouers se mense mee te kasty.  Jy hap natuurlik weer 'n moerse borrel met jou histeriese gesanik:  Sjinese kan nooit Afrikane wees nie want Afrikane is swart en Sjinese is geel.

  • Pieter Redelinghuys

    Hello daar!

    Sorry om weer te pla-  maar ek dink dat ek hierdie briljante China-bois van jou se strategie ontleed het,  nl, wen die vertroue van die boere deur hulle gratis te leer om 'n sampioenboerdery te begin. Dan word jy hulle agent om hulle produkte in Taiwan en China te verkoop. Ook in Japan, en oral in die Ooste. Die mark is geweldig. Verder dra jy persoonlik geen van die risikos van die boerdery nie, soos bv  dat jy vermoor kan word nie. Wanneer die boer finansieel beter daarvan af is, wil hy waarskynlik stadtoe trek om nie vermoor te word nie. Dan kan jy die grond van hom oorneem vir jou maatskappy. Teen dié tyd is jy al n multi- miljoenêr.

    Jou kinders en kleinkinders stuur jy na Australië of Kanada vir hulle universiteits opleiding, en wanneer die regte tyd aanbreek, sê jy goedbaai: Suid-Afrika, en trek na Australië of Nieu Seeland toe.

    Groetenis,

    Pieter Redelinghuys

  • francois williams

    Mr Hen, my woorde is soos sonstrale dit val op alles en almal, sonder enige uitsondering, maak van hulle wat jy wil...

    Mr Onredelinghuis, as jy glo dat OZ en NZ het die hoogste en beste lewenswyse ter wêreld dan neem ek aan jy is al lankal 'n gelukkige inwoner daar?
    Dan weer, as jy sulke twak glo, dan is jy dalk al laaankal in die groendakkies ... elk egval, hoe gouer ons van meeste sg Afrikanerosaurusse ontslae raak hoe beter, daar is veel meer en veel beter kwaliteit mense wat nie kan wag om hul plekke in te neem nie ...
    Jan Raps, watter regering is beter as SA se regering, hoor graag van jou???
  • Pieter Redelinghuys

    Hello Francois,

    Dankie vir die entertainment wat jy alweer vir ons verskaf.

    Ek luister na jou lofsang oor Suid-Afrika:  Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see, oor ons ewige gebergtes...

    Ek is gelukkig dat jy op die strand sit met jou poppie in die Phillippyne. Maar wat op aarde doen jy daar? Hoekom woon jy nie saam met jou poppie in Suid-Afrika nie -  as dit dan die wonderlikste land op aarde is? Hoe kan jy jouself  só 'n onguns aandoen, jouself só misgun?  Mens behoort daar wees waar sy hart is.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys 

  • francois williams

    Pietie ... jy beantwoord nie my vraag nie?

    NZ en OZ die beste lande ter wêreld?
    Hoe weet jy dit, en waarom is jy dannie reeds daarna nie?
    Ek WEET SA is die beste land ter wêreld, ek was nou net weer daar en het myself gate uitgeniet.
    My indruk was verskerp dat SA beide die beste land ter wêreld is as ook die welvarendste ... en ek kan enige oomblik terugkeer wanneer ek begeer!!
    En dit gaan 'n plesier wees, maar wanneer arriveer jy in NZ en OZ, ek sien uit om jou lofgesange te lees NADAT jy daar sit en krepeer ...
  • Soois, jy vra watter regering beter as SA s'n is? 
    Luister nou mooi: AL die regerings
    1) waarvan die geldeenheid nie so val soos ons s'n nie
    2) waarvan die slaggate per kilometer minder as ons s'n is
    3) waarvan die regeringshoofde minder aanklagte teen hulle aanhangig het as wat ons s'n het
    4) waarvan die polisie nie by georganiseerde misdaad betrokke is nie
    5) waarvan die jaarlikse moord- en verkragtingsyfer per 100 000 minder as ons s'n is
    5) waarvan die skoolgaande meisies wat verwagtend is minder as ons s'n is
    6) waarvan die voorstede nie met hekke toegespan is nie
    7) waarvan die universiteitskampusse nie met sekuriteitsheinings besmet is nie
    8) waarvan die universiteitspersoneel nie bande brand as hulle nie die verlangde verhogings kry nie
    9) waarvan die wild in die parke nie onbeheersd gestroop word nie
    10) waarvan die staatshoof nie 'n eierdans uitvoer oor staatsbesteding aan sy privaathuis nie
    11) waarvan die regeringsamptenare nie gereeld mense beseer met 'n blouligsirkus nie
    12) waarvan die onderwysdepartement nie in handboekskandale betrokke is nie
    13) wat nie hospitaaldienste, onderwys, volksgesondheid en die polisie opgef#k het nie
    14) wat nie hulle utiliteitsdiense opgef#k het nie
    15) waarvan die kredietwaardigheid nie kort-kort afgradeer word nie
    16) waarvan die bevolking in hulle miljoene nie nodig gehad het om oorsee te gaan werk nie (soos jy byvoorbeeld)
    17) waarvan die bevolking nie daagliks bande brand en klippe gooi oor swak dienste en verbreekte beloftes  nie
    Ek kan nog aangaan maar hou maar hier op.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top