Die Mei-uitgawe van Hoezit! is nou beskikbaar!

  • 0

Kom kuier saam met Hoezit!

Dis weer sulke tyd! Die Mei-uitgawe van Hoezit! is nou op die rak. Dié maandelikse voortiener-tydskrif vir ouens en meisies is weer eens volgepak met moet-weet-inligting, vermaaknuus en tonne kompetisies!

Iron Man pronk op die voorblad (waar anders?) spesiaal vir die vrystelling van The Avengers: die koelste superheldfliek tot nog toe! En daar's ’n spesiale vraelys wat lesers sal help om uit te vind watter superheld hulle alter ego is - is jy Thor, of dalk die Hulk?

Ons gesels met Laura Marano van die splinternuwe Disney Channel-reeks, Austin & Ally, en loer bietjie na die musiek van die plaaslike groep Fire through the Window.

Ontdek die vreemde wêreld van deurskynende diere, vind uit of jy ’n intro- of ekstrovert is, en maak hope geld met ons entrepreneur-blitsgids! Vind ook alles uit wat jy moet weet oor die watersiklus, en hoekom waterbesparing so lewensbelangrik is.

Lesers kan natuurlik ook tonne pryse wen: Happy Feet 2-DVD's, Fifa Street 4-speletjies, ’n Alcatel OneTouch-selfoon, Greyson Chance-CD's en hope boeke, insluitende die Guinness World Records 2012: Gamer's Edition!

Onthou ook dat Hoezit! nou beskikbaar is as ’n digitale tydskrif wat op jou rekenaar, tablet of selfoon afgelaai en gelees kan word. Maak ’n draai by http://www.mysubs.co.za/Hoezit om sommer nou in te teken.

Sluit ook aan by ons Facebook-groep: www.facebook.com/ATKVHoezit vir nuus en kuier elke dag.

Inligting oor Hoezit!

Hoezit! is ’n maandelikse Afrikaanse tydskrif vir ouens en meisies tussen die ouderdomme van 8 en 14. Die inhoud fokus op vyf spesifieke afdelings:

*  Vermaak - alles en nog wat oor flieks, musiek, boeke, speletjies en sternuus.
*  My wêreld - ’n kykie na verskillende lande, diere, kulture, die ruimte en tegnologie.
*  Ek voel - fokus op die emosionele welstand van jongmense. Hoe hanteer jy boelies? Hoe     voel eerste liefde?
*  Slimkop - skoolsillabus-gedrewe inhoud perfek vir skooltake en weetgieriges!
*  Vet pret - sudoku's, woordpret, soek die verskille, en hope praktiese doengoed.

Vir meer inligting oor die tydskrif en om in te teken:

Redakteur: Donnay Torr
011 919 9063
donnayt@atkv.org.za

Intekenare: Lillian Meyer
011 919 9112
LillianM@atkv.org.za

Advertensieverkope/bemarking: Morne van Staden
011 919 9091
MorneV@atkv.org.za

 
Die Mei-uitgawe van Hoezit! is nou beskikbaar!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top