"Die Lang Pad (Deel 1)" deur Ruan Vassis

  • 0

Die lang pad (Deel 1)

As die reën val, so sag op die ou sinkdak
Vat my hart die pad
na daar waar ek al was
en nou gaan wees
Wie sal weet?

As die reën val, so sag op die ou sinkdak
Vat my hart die lang stofpad
Daar waar ek al was
en nou gaan wees
Wie sal weet?

Onthou jy nog toe ek en jy
hand aan hand saam gestap het
al langs die stofpad af
In die wind en reën
Nou staan ek hier aan my kant
en jy aan joune

Daar is nog steeds die dae
wat ek by myself sit en wonder
As jy gebly het, hoe sou dit wees?

As die reën val, so sag op die ou sinkdak
Vat my hart die pad
na daar waar ek al was
en nou gaan wees
Wie sal weet?

Ek staan hier langs die pad
en wag vir ? ander jou
Kan jy nog ons onthou
hoe dit was en wonder jy soms
hoe sou dit gewees het as ek gebly het?

Maar ons paadjies het geskei
Nou staan ek aan die kant
Langs die ou stofpad
Jy is iewers op pad na daar
waar jou hart jou vat

Die wolke pak weer saam en die reën val
weer so sag op die ou sinkdak
En my hart vat die lang stofpad
na daar waar ek al was
En nou is
En nog gaan wees
Ek weet nou ek stap die pad nie alleen
Maar saam met Hom

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top