die laaste Afrikaanse bloggedig

  • 0

die laaste Afrikaanse bloggedig

ek kon waaragtig weer nie slaap nie
en het toe ’n pos op litnet se blogs geskep
ene sonder leestekens of hoofletters
en dit ’n gedig genoem by gebrek
aan ’n beter benaming vir die
onsamehangende woorde
wat in die vers gevleg
en tussen die sinne
ingeryg het

die
gedig
was deels
’n speelse geploeter
met gedagtes en uitgeskepte vrye
rymlose vorms en grepe uit gesegdes
van voorvadergeestelikes wat die baba in my
baie baie baie bang gemaak het

en uit
die kunstige mis
van die gedig het niks
goeds kon groei nie en moes ek
toe maar die plot verkoop om kop
bo water te hou

uiteindelik
het die sogenaamde gedig
soos gebroke gerubsvlerke gelyk
waarmee ek die naglug oor die stad
darem stelselmatig en skelm
kon verken
.

 

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top